Weg! Ry & Sleep

Oor 2 vastelande tot by die ZA-plakker

-

Ek en my vrou, Lorraine, is tans op ’n selfrytoer van Skotland af op pad deur Afrika. Toe ons in die Keniaanse hoofstad, Nairobi, aankom, het ons julle Julie-uitgawe met die magnetiese ZA-plakker daarin gekoop. Nou pronk julle plakker op ons Verenigde Koninkryk-geregistre­erde Toyota Hilux, tussen die verpligte “GB”-plakker en ons Skotse plakker waarop “Ecosse” staan. (“Ecosse” is die Franse woord vir Skotland. – Red.) Ons is nog op pad na Kaapstad, maar is sedert 3 Maart in Kenia as gevolg van die Covid-19-pandemie. Ons het laasjaar op 13 Junie weggesprin­g en het reeds deur 27 lande gereis. Die meeste tot dusver – 23 van hulle – was in Europa. Ons het selfs ’n draai gemaak by die bekende Nordkapp-spits in Noorweë. Daarna is ons vroeg in Desember per skip van Griekeland oor na Egipte. Van daar af het ons weer verder deur die Soedan en Ethiopië getoer tot in Nairobi waar ons julle tydskrif gekoop het. Lorraine is ’n Suid-Afrikaner en ons beplan om uiteindeli­k – en wanneer ons in Kaapstad aankom – voltyds af te saal. Maar dit lyk of dit eers vroeg volgende jaar gaan wees. KEN MCLUCKIE Skotland Volg Ken-hulle soos hulle deur Afrika vorder. Hulle Facebook-blad is “Caledonia to Cape Town”, maar jy kan hulle ook regstreeks dophou by polarsteps. com/KenMcLucki­e. Volgens dié blad was hulle toe hierdie uitgawe drukker toe gestuur is, reeds 445 dae op die pad en het toe al 31 041 km gery.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa