Weg! Ry & Sleep

‘Ons kamp, want dis lekker’

-

Ek en my vrou, Andriëtte, is lief vir kamp. Mense vra ons dikwels hoekom ons so graag kamp. Hier is ’n paar redes– en dit is ook deels die voorvereis­tes vir waar en hoe ons kamp. Ons glo jy moet sake eenvoudig hou. Ons kom klaar met die minimum. Ek pak volgens ’n standaardl­ys wat ek opgestel het en hou daarby. Dit help om nie onnodige goed saam te ry nie. Pleks daarvan om in ’n woonwa of boswa te kamp verkies ons ’n koepeltent of ons daktent. Dit is ’n goedkoper opsie en só kan ek rente op my kapitaal spaar. Nie dat mense met waens my pla nie, want almal van ons geniet kamp. Ons maak graag vriende in die kampplek. Dit is een van die eerste dinge wat ons doen by ’n nuwe kampplek. Dis nie lank nie of ons loop iemand raak wat ook iemand ken wat ons ken. Dan loop die gesprekke sommer lank oor ’n glasie wyn langs die kampvuur. Verder stap ons graag deur die kampplek om na die ander kampeerder­s se slim planne te kyk. Kampeerder­s deel graag wenke en dit het ook heerlike geselsies tot gevolg. Op die punt van vriende: Ons geniet dit om saam met ou vriende te gaan kamp. Dit het gesorg vir van ons aangenaams­te kampervari­ngs. Ons plaas ’n hoë premie op die badkamers. Natuurlik gaan ’n mens nie terug na ’n kampplek waar sake nie agtermekaa­r is nie. Dit is hier waar Sanparke ’n pluimpie moet kry. Hulle geriewe is ’n voorbeeld van hoe dit gedoen kan word. Ek dink sommer ook aan die nuwe geriewe in die Kgalagadi-oorgrenspa­rk, in die Nossob- en Mata Mata-kamp. Net soos by Nossob kan jy vir ’n paar rand meer jou eie badkamerge­riewe op jou staanplek kry. Dis nóg beter. Dit klink dalk of ek wil kla, maar hou by die reëls. Geniet die stilte en rus in die natuur. Dis tog hoekom ’n mens dié soort kampplek besoek. Ons lewe in die regte lewe; jy moet dus seker maak van jou veiligheid in die kampplek. Sluit maar alles mooi toe as jy vir ’n ruk nie op jou staanplek gaan wees nie. Laastens is die gedagte tog om jouself te gaan geniet. Gun dit vir jouself én elkeen rondom jou. DIRK BURGER Kleinmond >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa