Weg! Ry & Sleep

Die beste uitgawe nóg

- HENRY TERBLANCHE Assegay

Sedert julle ontstaan is ek ’n gereelde Ry & Sleep-leser en koop watter uitgawe ook al in die winkels beskikbaar is. Ons het al heelwat reise uit julle tydskrif beplan. Die Augustus-uitgawe is die beste een tot nog toe. Net soos Tinus Grobler op die Posbusblad vertel hoe sy Skipper ongenaakba­re paaie moes trotseer, het dieselfde ons in die suide van Namibië oorgekom. Om byvoorbeel­d die deurskarni­ere te versterk het ek die bestaande boute met groteres vervang wat boonop van vlekvrye staal gemaak is. Ek het ook die deurknippe vervang met ’n soort wat nie kan oopspring nie. Dit werk soos ’n bom op sinkplaatp­aaie en ek het nog geen verdere probleme ervaar nie. Die deur is nou sommer meer stofdig. Ek het ook ander veranderin­ge aan ons Skipper Oyster aangebring: Ek het die 220V-kroegyskas met ’n 220V-12V-Engelys-vrieskas vervang. Vir die tye wanneer ons in plekke sonder krag kamp, gebruik ek ’n draagbare batteryste­lsel vir die ys-vrieskas wat ’n sonpaneel insluit. Ek kan die ys-vrieskas ook met my dubbelbatt­erystelsel aan die gang hou terwyl ek sleep, omdat ek die nodige Brad Harrison-koppeling het tussen die sleepvoert­uig en die Skipper. Ek het die gewone ronde pype wat as hoekstutte dien, met die domkragsoo­rt vervang, hoewel dit nie goed is om ’n woonwa waterpas te kry met hoekstutte nie. Hiervoor gebruik ek eerder nivellerin­gblokke of grawe ’n gat onder die wiel. Die artikel oor hoe om in sneeu te ry was vir my ewe leersaam. Ons kry gewoonlik goeie sneeu gedurende September wanneer ons die Sanipas besoek. Die Kgalagadi-artikel was net so in die kol. Ons het hoeka ’n bespreking vir Februarie volgende jaar. En om alles mooi af te rond was daar die Rooikat-ekoroete in die Namakwa- nasionale park. Ons beplan juis om in Oktober ’n draai daar te maak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa