Weg! Ry & Sleep

BERG OFF-ROAD

- Bergoffroa­d.com >

Berg Off-road, ’n nuwe vervaardig­er, het sy Cx6-boswoonwa kom wys wat spog met heelwat nuwighede. Dit verg nogal baie om tussen so baie ander waens die oog te tref, maar dit is presies wat Berg Off-road by vanjaar se skou gedoen het.

F.C. Buys, een van die eienaars, sê hulle het drie jaar gelede met die ontwikkeli­ng begin, deels om te voorsien in hulle eie behoeftes omdat dit in daardie stadium nie in die mark beskikbaar was nie.

Soos in ’n tipiese boswoonwa slaan ’n hele klompie panele oop, en die CX6 se bed word uit die agterste paneel getrek. Maar anders as op ander modelle trek dié een heeltemal uit die romp en dan slaan die paneel bo die bed op soos ’n daktent tot by die wa se opwipdak. Jy kan dus maklik regop sit op die bed. F.C. sê die bed is ’n ekstraleng­tekoningsg­rootte bed.

Die res van die binneruim onder die opwipdak is alles slaapplek. Daar is ’n enkelbed links en regs af teen die sypanele met ’n gang tussenin om by die uitglybed te kom. Daar’s selfs ’n vierde bed wat uitslaan uit die linkerpane­el. Regs, aan die kombuis se kant, slaan ’n blad oop vir ’n sesde mens wat jy ook as ’n werkblad kan gebruik.

Die hele buitekombu­is trek op ’n glyraam uit die romp links van die instapdeur. Die wasbak met ’n klein werkblad is op die punt met daarnaas die tweeplaatg­asstoof. Onder dit is ’n laai met al die messegoed. Die kruidenier­swarekas is teen die romp in die deur, en die ys-vrieskas trek op sy eie uit die neuskas.

As jy die kombuis uittrek, word daardie ruimte in die wa die badkamer. F.C. sê dit is die enigste wa ter wêreld wat hiermee spog en hulle het die idee gepatentee­r.

Die skuins deel van die neus bo die laai is ’n paneel wat regop slaan om staanruimt­e in die wa te skep. Dit is ’n baie slim plan: As jy in die badkamer staan, is dit oop bo jou, maar jy kan dit ook toerits as die weer nie lekker is nie. Regs in die badkamer is die toilet en links, in die hoek naby die deur, die stort met ’n wasbak.

Die uitswaaist­oepdak is eweneens uniek. Dié soort dak is gewoonlik ’n ekstra op ’n woonwa en word buite die romp vasgesit. Maar op die CX6 is die kas waarin die stoepdak terugswaai, deel van die woonwa se ontwerp.

Wanneer die dak dan uitvou, sien jy ’n tweede slim plan: Onder twee van die dwarsarms wat die seildak bo hou, is twee strookligt­e oor die hele lengte van die arm wat die hele deel onder die stoepdak verlig sonder om in jou oë te skyn as jy in die kombuis besig is.

Die romp bestaan uit ’n aluminiumr­aamwerk en heuningkoe­kveselglas­panele op ’n gegalvanis­eerde onderstel.

Die wa het ’n tarragewig van 1 150 kg en die BVM is 1 800 kg. Standaardt­oerusting sluit in ’n Cadac-tweeplaatg­asstoof, messeen breekgoed vir ses mense, ’n Hansen14 ℓ-gas-elektriese geiser, ’n 150 ℓ-watertenk met ’n pomp, ’n 1 000 W-omskakelaa­r en Dc-tot-dc-laaistelse­l.

Prys R459 950

Kontak 081 432 2897

info@bergoffroa­d.com

 ?? ?? BERG CX6
BERG CX6
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa