Weg! Ry & Sleep

Koop-en-doop

-

Vars tunasteak is koningskos en verg weinig gaarmaak. As jy daarvan in die vrieskas het, is dié resep ’n heerlike en veelsydige manier om dit te geniet. Ontdooi dit stadig in die yskas en druk dit behoorlik droog.

Jy benodig

(genoeg vir 4 as snoephappi­e)

2 eetlepels sesamsaad

1 teelepel seesoutvlo­kkies

(ons gebruik maldonsees­out)

½ teelepel varsgemaal­de swartpeper ½ teelepel bruinsuike­r

’n knippie droë Italiaanse kruie (opsioneel) 400 g tunasteak – vars óf bevrore en ontdooi 2 eetlepels olyf- of sesamolie

Só maak jy

1 Meng die sesamsaad, sout, swartpeper, bruinsuike­r en kruie saam. (Ek hou van sout in my kos; jy kan ’n raps minder gebruik indien jy dit verkies.)

2 Sny die tunasteak in kleiner porsies van omtrent 2,5 cm dik. Vir my is dit makliker om met kleiner stafies te werk – dit gee ’n groter oppervlakt­e bros kors.

3 Vryf die tuna oraloor met die helfte van die olie en druk dit dan in die bereide sesammengs­el tot die vis oraloor bedek is.

4 Verhit die res van die olie en braai die sesambedek­te visvingers vir 1 minuut aan ’n kant – braai al vier die kante. Die gedagte is om dit reg rondom mooi goudbruin te braai met ’n pienk binneste, net soos goeie steak. Gebruik jou beste dikboompan en beheer die hitte soos nodig.

5 Rus die gebraaide vis vir ’n minuut op die snybord. Sny dit dan met ’n vlymskerp mes in dun skyfies en sit die happies voor saam met komkommers­kyfies en jou gunsteling­Oosterse doopsous.

Ry & Sleep sê Die gebraaide tunaskyfie­s is ook heerlik in ’n vars slaai met tamatie, komkommer, gekookte eier en olywe. My gunsteling­manier om dit voor te sit is saam met sriracha-mayonnaise, piekels en koolslaai in taco’s.

 ?? ?? |
|

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa