Weg!

Gaan kyk self

-

Moet ons, of moet ons nie? Gaan Suid-Afrikaners nog Zim toe? Is die tyd reg? Hoeveel kos dit? Is dit veilig? Dit was uiteindeli­k ons lesers wat (soos gewoonlik) ons koppe geswaai het. Ons het heeltyd die verkeerde vrae gevra.

Natuurlik besoek ons mense nog Zimbabwe. Ná die soveelste leserstori­e oor ’n wonderlike gesinsvaka­nsie daar het ons besluit dis tyd om self weer te gaan kyk. Want dis wat Weg doen: Ons gaan kyk self.

Tom Wolfe is een van die wêreld se voorste joernalist­e en die skrywer van onder meer The Right Stuff en The Bonfire of the Vanities. Hy is nou al 85 en toe hy onlangs gevra is watter raad hy aan jong joernalist­e kan gee, het hy net gesê: “Get out of the office!”

Goeie skryfwerk gebeur nie in ’n lugverkoel­de kantoor agter ’n rekenaar waar alles ge-Google word nie. Dit gebeur buite, in die veld, waar jy reën ruik, stof proe, ’n bougainvil­lea in blom sien, visarende hoor roep en mense in die oë kyk as jy met hulle gesels. Dus: “Klim in jou kar en ry!”

Dis toe mooi wat Toast Coetzer gaan doen het deur ’n wye draai deur die suide van Zimbabwe te gaan ry. Wat het hy gevind? Lees die storie op bl. 34! Dis wel ’n feit soos ’n Ngunikoei dat hy slegs ure ná sy tuiskoms aan sy volgende Zim-besoek begin beplan het...

Hier waar ek nou in my lugverkoel­de kantoor sit en tik, is dit tjoepstil rondom my. Ons skrywers, mense soos Toast, Sophia van Taak en Erns Grundling, is op die pad en in party gevalle oor die grens... soos dit hoort. Ek kan nie wag om hulle stories te hoor en te lees nie. Sodat ek – en julle – self kan gaan kyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa