Weg!

Waar’s die grensdraad?

-

Dis nogal ’n aanpassing om ’n mens se netjies afgebakend­e voorstedel­ike verstand te ontknoop en te laat asemskep wanneer jy die eerste keer in Botswana aan die slaap raak.

Waar jy by die huis jou bes doen om die natuur, die bure en hulle honde so ver weg as moontlik van jou erf te hou, werk dinge ’n bietjie (baie) anders as jy die grens oorsteek en kamp opslaan.

Hier is nie juis Vibracrete-mure nie. Ook nie regtig grensdrade nie. Dit help nie jy probeer die ekostelsel eenkant hou nie. Aanvaar jy lewe na aan die natuur en vertrou jou tentseil is genoeg om ’n nuuskierig­e olifant en ’n snuffelend­e leeu uit te hou.

Botswana is terselfder­tyd georganise­erd en vooruitstr­ewend, maar steeds behoorlik wild met amper ’n vyfde van die land wat uit nasionale parke bestaan. Groot dele wat nie ’n nasionale park is nie, kon net sowel gewees het.

Dit is sonder twyfel een van ons gunsteling­bestemming­s. Lees Toast Coetzer se storie op bl. 32 om te sien hoe ’n plek soos die Okavangode­lta met ’n mens se kop smokkel. Besoek dit een keer en jy is vir die res van jou lewe verslaaf.

As jy nog nooit daar was nie? Dalk dink jy dit is net diegene wat met dollars of euro’s reis wat dit kan bekostig, maar dit is nie waar nie. Ons is hier om te help. Nie net bied Weg ’n verskeiden­heid toere deur die land aan nie (die besonderhe­de is op bl. 41), maar ons het verlede jaar ’n unieke gids saamgestel oor hoe jy die land op eie stoom kan verken. Bestel joune teen R55 by weg.co.za/winkel.

Om dinge nóg makliker te maak het ons kartograaf, François Haasbroek, vir hierdie uitgawe ’n kaart van die land geskep propvol nuttige inligting sodat jy in jou eie motor (en dit hoef nie ’n 4x4 te wees nie) daardeur kan reis. En die kaart is ’n pasella. Mahala. Verniet.

Nog nie oortuig dis maklik nie? Kom eet dan op 4 Maart in die Paarl of op 11 Maart in Pretoria ontbyt saam met Toast en François waar hulle raad gee oor hoe jy Botswana self kan verken. Blaai na bl. 60 om te sien hoe jy kan bespreek.

Wie weet, dalk vaar ons binnekort verby mekaar op ’n mokoro êrens in die delta!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa