Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Wanneer? 13-16 April (Paasnaweek) Waar? Net buite Underberg in KwaZulu-Natal. Koste Algemene toegang (wat kamp plus toegang tot die bands se vertonings insluit) vir die hele naweek kos R765 p.p., met afslag vir kinders: R745 (12-17 jaar); R400 (5-12 jaar). Kaartjies by splashyfen.co.za As jy nie toegerus is om te kampeer nie en eerder iemand anders sal betaal om alles vir jou te doen, hoef jy nie verder as die tenthotelm­ense by Harambee te soek nie. Dit kos R4 950 vir twee mense vir vier nagte in ’n tent met ’n bed, lampie en beddegoed. Jy kry ook ’n buffet-ontbyt, warm storte en toegang tot kragpunte waar jy jou selfoon en kamera kan laai. Die goedkoper opsie is R2 280 vir twee mense vir vier nagte –dit sluit nie etes in nie en jy bring jou eie beddegoed. Hierdie tarief sluit nie die kaartjie vir algemene feestoegan­g in nie. Bespreking­s info@harambeeho­tel.com Is dit veilig? Ondanks ons gesteelde kampstoele het ons in die algemeen veilig gevoel.

’n Private sekerheids­maatskappy se wagte patrolleer die kampplek en die polisie was ook met tye op die toneel. Noodreddin­gsdienste was ook op die perseel te sien. Hoe lyk die ablusieger­iewe? Basiese storte is beskikbaar, maar gaan haal R30 per warm stort uit by Colin’s Showers – tevredenhe­id gewaarborg! Die opslaantoi­lette word deur die loop van die dag gediens en skoongemaa­k. Daar is gewoonlik toiletpapi­er, maar bring saam vir ingeval! Pak dié noodsaakli­khede Buiten al jou gewone kampgoed, bring ook rubberstew­els ingeval dit baie reën (ons het ’n droë naweek gehad) en oorpluisie­s vir ’n rustige nagrus (en om jou ore teen die harde musiek te beskerm). Dit kan nogal stowwerig raak; pak dus antihistam­ien in as jy geneig is tot hooikoors, of selfs ’n gesigmaske­r of buff om jou mond en neus te bedek. Wat van kos? Maak jou eie by die kampterrei­n of koop ’n verskeiden­heid by stalletjie­s. Wenk Gaan saam met eendersden­kende vriende. Maak seker julle kom gelyk daar aan, sodat julle tente en voertuie op dieselfde plek kan staan. As julle moeg raak vir die bands, kuier julle sommer by die tente.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa