Trans-Botswana, Caprivi en die Victoriawaterval
Ontdek Afrika op sy wildste saam met Weg en Mpafa Travel – die Makgadikgadipanne, die Okavangodelta, Tsodilokoppies, die BwaBwata- nasionale park en Mahango-wildreservaat, die Victoriawaterval én die Chobe- nasionale park.
TOERINLIGTING
11 dae, 10 nagte. Nata, Botswana. Kasane, Botswana.
Formele verblyf. R23 950 per volwassene. Enkelbybetaling: 30 %
DIE TOERPRYS SLUIT IN • Beddegoed en handdoeke • Drie etes per dag • Alle verblyf • Alle parkgeld • Tweerigtingradio’s • ’n Toerleier en veldgids WAARVOOR SORG EK? • Jouself en jou gesin • Julle paspoorte • Enige 4x2 met ’n goeie
grondvryhoogte • Brandstof • Stoele • Drankies en snoepgoed • Persoonlike toerusting • Grenspostariewe
DATUMS 19-29 April 2018 28 Junie-8 Julie 2018 6-16 Augustus 2018 15-25 September 2018 DIE TOER IN ’N NEUTEDOP
Dag 1 Ons ontmoet by die Nata Lodge en geniet die sonsondergang by die Makgadikgadipanne.
Dag 2 Die groep verken Maun en omgewing met ’n opsionele vlug oor die delta.
Dag 3 Van naby Sepupa neem motorbote ons na ’n huisboot op die Okavangodelta, waar ons twee nagte deurbring.
Dag 4 Gaan op ’n mokorovaart op die delta, of vang tiervis.
Dag 5 Ons keer terug na die voertuie en ry na die rotskuns by die Tsodilokoppies. Ons steek dan die grens oor na Namibië.
Dag 6 Ons besoek die Mahango- wildreservaat, bekend vir sy swartwitpense en bastergemsbokke.
Dag 7 Ontspan by die kamp of besoek die BwaBwata- nasionale park (dis opsioneel) en sluit die dag af met ’n sonsondergangvaart op die Okavango.
Dag 8 Ons ry deur die Caprivistrook op na die dorpie Kasane.
Dag 9 Ons besoek die Victoriawaterval.
Dag 10 Die hele groep gaan op ’n wildrit en ’n bootvaart op die Choberivier in die Chobenasionale park.
Dag 11 Dis tyd om te groet – maar net tot volgende keer!