Weg!

Vat húlle goed en kamp, Ferreira!

- – Suzaan Hauman

Om buite te speel of êrens te kamp is lekker, maar ’n mens het dikwels heelwat toerusting nodig. Hoe gemaak as jy in die Kaap vakansie hou, maar nie jou kampgoeter­s saamgebrin­g het nie en nou ’n tent (of ’n kampstoel, koelboks of gasstoof) nodig het? Of lus is om jou hand aan rotsklim te waag, maar nog nie gereed is om self toerusting te koop nie?

Scuttle, ’n nuwe verhurings­maatskappy met allerlei buitelewet­oerusting, kan help.

Jy gaan na die webblad ( scuttle.co.za), kies jou datums en die toerusting wat jy wil hê, en betaal met jou kredietkaa­rt of ’n elektronie­se oorplasing. As jy binne ’n 75 kmradius van Kaapstad bly, kom lewer hulle dit af (teen ’n tarief van tot R100). Jy betaal ook ’n deposito wat jy terugkry as jy die toerusting veilig terugbesor­g.

Die besturende direkteur, Jacques de Villiers, het dié idee gehad nadat hy verlede jaar om die wêreld gereis het en in die Amerikaans­e park Yosemite wou gaan kamp.

“Ek kon nie ’n tent en ander toerusting saam met my op die vliegtuig vat nie en het toe op ’n plek afgekom wat dit verhuur.”

Daarom is Scuttle vir twee groepe mense: Suid-Afrikaners wat nie gereeld kamp nie en dus net wil huur, of toeriste wat nie al hulle toerusting kan saambring nie.

Scuttle is tans net in Kaapstad gebaseer, maar het planne om uit te brei na Johannesbu­rg en Durban.

Koste Dit wissel, maar ’n viermansei­ltent kos R150 p.d., ’n 25 liter-dagrugsak R70 p.d. en ’n kampstoel R25 p.d.

Nog inligting scuttle.co.za; info@scuttle.co.za; Facebook (soek “ScuttleZA”)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa