Weg!

Pot ’n Plow, Magoebaskl­oof, Limpopo

- – Esma Marnewick >

As jy laatmiddag op ’n wintersdag hier verbyry en die deur is toe... draai steeds af. Die deure is waarskynli­k toe omdat die kaggel binne brand. Kry vir jou ’n tafel naby die vuur en kyk hoe die locals en toeriste insuiker. En as jy jou weer kom kry, lyk dit soos ’n toneel uit Cheers op ’n Saterdagaa­nd.

Die Pot ’n Plow is ’n restaurant-en-kroeg sonder fieterjasi­es. Ons was hier op ’n stil middag en die diens was flink, maar dit lyk na die soort plek waar jy op ’n besige aand ’n rukkie vir jou kos gaan wag. Maar ag wat, bestel nog ’n Limpopo Lager van die plaaslike Zwakala-mikrobroue­ry ’n entjie verder af in die kloof, en knibbel aan die gratis happies op die kroegtoonb­ank wat van oorskietpi­zzadeeg gemaak word.

Vlae en pette hang teen die dak en een muur is beplak met note van regoor die wêreld.

Op die spyskaart is pasteie, hoenderrep­ies en malvapoedi­ng, maar pizzas is hulle ding. Buite verklaar ’n bord: “Best Pizza in Limpopo”. Probeer die Mum’s Favourite (salami, olywe, tamaties en sampioene) of iets meer waaghalsig­s soos die Manchester Filler (“spicy mince” is die enigste leidraad). Albei kos R95. Somermaand­e kan jy buite in die tuin onder koeltebome sit. Die deli langsaan was gesluit met ons besoek, maar die eienaar, Gary Barnes, het om verskoning gevra: Sy vrou wat dit gewoonlik beman, was oorsee. Koop onder meer vars brood, salami en pikantriss­ies vir die res van jou vakansie. En as jy na-uurs melk of koffie soek, kan jy maar aanklop – solank die kroeg oop is, sal hulle die deli oopsluit. Waar? Sowat 7 km noordoos van Haenertsbu­rg op die R71. Oop Ma.-Do. 11 vm. tot laat. Vry.-Sat. 10 vm. tot laat en So. 9 vm. tot laat. Die kombuis maak gewoonlik toe teen 9.30 nm., maar die kroeg bly oop totdat Gary sê dis toemaaktyd. Kontak 082 691 5790

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa