Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Is dit veilig? Hou die nuus dop en maak seker die Goma-gebied word as veilig beskou vir jou beoogde besoek. In tye van ooglopende sekerheids­probleme sal die park jou laat weet. Hoeveel kos dit? My naweek in die Kongo het uiteindeli­k altesaam sowat US$1 000 p.p. (sowat R12 770) gekos. Permitte vir berggorill­as kos US$400 p.p. (R5 100) en die vulkaankli­m US$300 p.p. (R3 830; dit sluit jou hutverblyf in, maar nie kos of die portierdie­ns nie).

Alle vervoer kos ekstra. Dit is egter nie ’n goeie idee om op jou eie in die Kongo rond te ry nie. Dit kos byvoorbeel­d US$94 (R1 200) vir die rit van Goma na die parkkantoo­r by Bukima (eenrigting). Die park bied ’n pakket wat alles insluit: Hulle kom tel jou op by die grens en vat jou na die verskillen­de dele van die park.

Jy kan al jou permitte, vervoer en verblyf aanlyn bespreek en betaal: visitvirun­ga.org Visum Die park reël dit vir jou. Koste: US$105 p.p. (R1 340). Malaria? Ja, tref voorsorg, en kry ook jou geelkoorsd­oepa. Waar bly ek? Die park het enkele lodges (kyk op die webwerf), maar dit is goedkoper om by ’n hotel in Goma te oornag. Ek het by Hotel Cap Kivu geslaap teen US$80 (R1 022) p.p., ontbyt ingesluit. Kyk by bookings.com. Moet ek fiks wees? Ja, anders is dit nie lekker nie. Hoe kom ek daar? Ek het na Rwanda gery (sien artikels oor ander dele van my Oos-Afrika-reis in Weg #151, #152 en #153) en daarvandaa­n die Kongo besoek. Dis makliker om te vlieg – jy kan van Johannesbu­rg direk na Kigali in Rwanda vlieg (retoer: R7 000 p.p.) en dan per taxi na Goma reis. Besoek skyscanner.net Ek wil net gorillas kyk... Dit is makliker om berggorill­as te besoek in Rwanda en Uganda. Permitte is duurder as in die Kongo, maar met die ekstra vervoerkos­te in die Kongo kos dit omtrent ewe veel. Vir inligting oor Rwanda, sien rwandatour­ism.com. Uganda: bwindifore­stnational­park.com Dis als hier Hou virunga.org dop vir parknuus en spesiale aanbieding­s (van die uitstappie­s is goedkoper tussen Oktober en Desember). Indien jy gorillabew­aring geldelik wil steun of tot die veldwagter­fonds wil bydra, kan jy dit hier aanlyn doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa