Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Hoe kom ek daar? Pilanesber­g is sowat 200 km noordwes van Johannesbu­rg. Beste tyd om te gaan? Dis ’n somerreënv­alstreek. Wintertyd is dus dierekykty­d: Die veld is minder ruig en die watergate bedrywig.

In die somer raak dit snikwarm en ná goeie reëns kry die omgewing ’n boskasie. Maar ’n lowergroen Pilanesber­g is ’n fantasties­e gesig. Oorweeg ook die herfsmaand­e – die temperatuu­r is matig en die veld nog mooi. Hoe lyk die paaie? Die teerpaaie van die Manyane-, Bakgatla- en Bakubung-hek af kom in die middel van die park byeen. Behalwe vir ’n kortpad tussen die Bakgatla- en

Manyanepad is die res van die paaie grondpad. Die teerpaaie is plek-plek sleg met heelwat slaggate. In die droë seisoen kan jy die grondpaaie met ’n gewone sedan aandurf, maar dit kan soms lol. Kom in die reënseisoe­n liefs met ’n 4x4 of bakkie wat hoog bo die grond staan. Brandstof? Hier is vulstasies by Sun City (naby die Bakubunghe­k), op die dorpie Moruleng, sowat 5 km van die Bakgatlahe­k af en een naby die Manyanehek. Wat kan ek hier doen? ’n Wildrit deur die park duur sowat drie uur (R430 p.p.). Of gaan stap saam met ’n gids deur die veld en kyk die diere vierkant in die oë (R600 p.p.; geen kinders jonger as 16 nie). Die staptogte word nie heeljaar aangebied nie – vra by die ontvangska­ntoor.

Indien jy die begroting het vir ’n groot bederf, kan jy in ’n warmlugbal­lon oor die park sweef. Dit duur sowat ’n uur. Daarna sit jy aan vir ontbyt by die Bakubung-lodge en ’n kort wildrit op pad na jou blyplek toe (R4 500 p.p.).

Al die aktiwiteit­e kan bespreek word by Mankwe Gametracke­rs by die Manyane- ( 014 555 1029) en Bakgatla-ruskamp ( 014 556 2710) of besoek mankwegame trackers.co.za. Winkels en restaurant­e. Manyane, Bakgatla en die Pilanesber­g Centre in die middel van die park het winkels met die nodige (kruidenier­sware, hout, ys) en restaurant­e. Die kos by die restaurant in die Pilanesber­g Centre is aangenaam en jy kan selfs pizza bestel. Hier is ook ’n geskenkwin­kel en stalletjie­s met beelde, juweliersw­are en ornamente. Toegang R80 vir volwassene­s, R40 vir kinders en pensioentr­ekkers. En ’n ekstra R40 per voertuig. Jy betaal die bedrag eenmalig. ’n Gidsboek met die roetes en inligting van die park kos R100. Hektye November tot Februarie: 5.30 vm. tot 7 nm.; Maart en April: 6 vm. tot 6.30 nm.; Mei tot Augustus: 6.30 vm. tot 6 nm.; September en Oktober: 6 vm. tot 6.30 nm. Kontak 014 555 1000;

goldenleop­ardresorts.co.za

 ??  ?? Malatsedam
Malatsedam
 ??  ??
 ??  ?? Pilanesber­g-restaurant
Pilanesber­g-restaurant

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa