Weg!

Gaan sit in dié skuilings

Pilanesber­g het ’n hele paar skuilings (met badkamers) waar jy en jou mik-en-druk kan wag vir daai wenfoto.

-

1 RATLHOGO-SKUILING

Dié skuiling is teenaan die water. Dis net sowat 2,5 km van Bakgatla af; dus kan jy douvoordag kom koffie drink – dis ook die beste tyd om foto’s te neem. Die skuiling kyk reg wes; teen laatmiddag is die son dus in jou oë.

2 MALATSE-SKUILING

Die dam is ook redelik naby aan Bakgatla (8 km) en Manyane (10 km). Dis basies teenaan die water, met mooi uitsigte na alle kante toe. Jy kan vroegoggen­d en laatmiddag mooi foto’s neem. Iemand het hier al ’n leeuwyfie afgeneem wat ’n waterbok plattrek!

Selfs al kom geen diere nie, sorg ’n spannetjie seekoeie vir vermaak.

3 MANKWEDAM-SKUILING

Die skuiling is aan die westekant van die dam met ’n mooi uitsig oor ’n groot deel van die water. Dis die bedrywigst­e skuiling, want die meeste wild (en toeriste) hou in die omgewing.

Dis ’n gróót dam, en daarom is die kanse skraal dat ’n vuilbaard neffens jou gaan kom suip. En as die dam aan die leë kant is, is die skuiling ver van die water af. Ná die somerreën spoel die water weer onderdeur die skuiling. Naby die skuiling is droë bome in die water waar visvangers en witbors- en rietduiker­s gereeld kom rus.

As jy gelukkig is, kom sit ’n visarend ook hier en loer vir jou. Jy kan vroegoggen­d en laatmiddag mooi foto’s neem. Hou in gedagte dat die grootste deel van die dam oos van jou lê; dus skyn die son vroegoggen­d van daardie kant af effens in jou oë.

4 & 5 MAKORWANE- EN BATLHAKO-SKUILING

Die skuilings by die Makorwane- en Batlhakoda­m is teenaan die water, maar dis oper rondom Batlhako met beter kanse om diere te sien water toe kom. By Batlhako kan jy vroegoggen­d en laatmiddag foto’s neem. By albei damme is heelwat voëllewe (verwag slanghalsv­oëls, hamerkoppe, rooivinke...), en jy behoort ’n paar inwonende seekoeie en ’n waterbok of twee te gewaar.

6 RUIGHOEKDA­M-SKUILING

Die skuiling is nie langs ’n hoofroete nie; jy ry spesiaal soontoe. Jy gaan nie soos ’n spul sardientji­es die skuiling met ’n klompie toeriste deel nie. Dis teenaan ’n groot watergat met goeie uitsigte na alle kante toe. Hy sit wel effens te hoog vir daardie reg-in-dieoë foto van die leeu wat water drink. >

 ??  ?? Mankwedam-skuiling
Mankwedam-skuiling

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa