Weg!

MEGAN LOFTIE-EATON

-

@magpie_megan iPhone 5s

MEGAN VERTEL: Ek het dié foto geneem terwyl ek gaan draf het op die oewer van die Sandrivier naby Musina in Limpopo. Ek vat altyd my foon saam as ek in die bos draf, want ’n mens weet nooit wat jy gaan sien nie – dalk ’n interessan­te spoor, insek of ’n sonsopkoms! ’n Mens kan nie met jou groot kamera om jou nek gaan hardloop nie en deesdae se selfoonkam­eras is amper net so goed soos D-SLR wat gehalte betref.

Selfoonfot­ografie het egter sy uitdagings: Jy moet redelik na aan jou voorwerp wees om ’n goeie foto te kan neem omdat die zoemfunksi­e nie so goed is nie. Selfoonfot­ografie werk dus nie eintlik vir dierefotog­rafie nie, maar is geskik vir kleiner goed soos paddas (jy kan na aan hulle kom) of landskapfo­tografie. TOAST SÊ: Megan se klassieke mik-en-drukfoto werk omdat dit ’n handjie vol basiese fotografie­beginsels volg.

Eerstens is die lig mooi – dit was laatmiddag en ’n mens kan sien hoe die laaste sonstrale soos ’n oranje kombersie bly hang in die takke van die kremetart. Daar is ook kleur in die wolke – daarsonder sou die toneel aansienlik valer vertoon het.

Die eenvoudige dog suksesvoll­e komposisie werk ook. ’n Pad wat van voor in jou foto strek na iets interessan­ts is altyd in die kol. Hier lei die lyne van die pad, jou eers na die kremetart, en dan na die horison.

Megan is reg: Jou selfoon is goed vir hierdie soort foto en vir nabyfoto’s. Omdat dit meer kompak is het jy dit altyd byderhand. Deesdae neem byna alle “ernstige” fotograwe ook foto’s met hulle selfone.

Gaan loer gerus op Megan se Instagramp­rofiel na wat sy nog teëkom op haar Bosveld-draffies...

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa