WAT SÊ DIE TRAPPERS?
Dis nou al ’n paar maande sedert ek en my vrou die Tuinroetetoer gedoen het, maar die herinneringe bly vars. Die Drylandspan se aandag aan die kleinste besonderhede, hulle gasvryheid en passie vir dit wat hulle doen, is sekerlik die rede vir hulle sukses. Hulle het die roete en moeilikheidsgraad aangepas by elke fietsryer se fiksheidsvlak en niemand voel afgeskeep nie. Die roete strek oor plekke waar die meeste ryers seker nooit op hulle eie sou uitkom nie. Ek beveel dit beslis aan.