Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Hoe kom ek daar? Fraserburg is 113 km noordwes van Leeu-Gamka. Draai by Leeu-Gamka af van die N1 en volg die R353 oor die Theekloofp­as tot op die dorp. Dit is die enigste teerpad na Fraserburg. Die paaie van Sutherland, Williston, Carnarvon en Loxton af is almal grondpad.

Beste tyd van die jaar? Februarie is bitterwarm. As jy nie omgee vir die koue nie, is Junie en Julie ’n goeie tyd – pak warm klere in! In Augustus is daar dikwels mooi blomme langs die Rantepad op pad na Sutherland.

DOENDINGE Hierdie aktiwiteit­e kan almal by Marthinus Kruger bespreek word. Kinders betaal halfprys. 084 873 0098; mjkruger99@gmail.com Sterrekyk. Fraserburg is net 110 km van Sutherland af. Soos iemand op die dorp gesê het: “Ons het mos dieselfde sterre bo ons as Sutherland.” Inderdaad. Marthinus kan vir jou beduie waar om naby Nuwedam by ’n veilige plek af te trek. Neem ’n kombers en piekniekma­ndjie saam en vergaap jou aan die Karoonag en konstellas­ies. En dis gratis! Geskiedkun­dige staptoer. Verken Fraserburg te voet saam met Marthinus en besoek plekke soos die oorspronkl­ike Rietfontei­n-opstal, die Anglikaans­e kerk en NG kerk, en ’n paar historiese huise. 1-2 uur; R50 p.p. Besoek die museum. Die ou Pastorie in Voortrekke­rstraat is ook die dorpsmuseu­m. Kom leer meer oor Fraserburg se geskiedeni­s en die dinovoetsp­ore buite die dorp – hier’s ’n indrukwekk­ende uitstallin­g en skaalmodel van die Bradysouru­s. Marthinus bied toere aan deur die museum en na die replika van die korbeelhui­s en die Peperbus. R50 p.p. Bekyk die versteende spore. Ook hier is Marthinus jou gids na die plaas Gansfontei­n, 3 km buite die dorp. Verbeel jou jy beweeg terug in tyd en plaas jou hand langs die spoor van die magtige Bradysouru­s, wat 250 miljoen jaar gelede hierlangs geloop het. R100 p.p.; bring jou eie voertuig. Ry die Rantepad. Volg die Rantepadaf­draai in die rigting Sutherland buite die dorp en ry al langs die rantjies, verby ’n sterboom en Engelse soldate se grafte. Dis is een van die mooiste paaie in die omgewing. Speel gholf. Slaan af op ’n regte Karoobof. Slegs R10 p.p. Op Saterdagmi­ddag 12.30 nm. kan jy saam met die plaaslike inwoners afslaan en natuurlik later by die 19de putjie kuier. Wandel in die begraafpla­as. Jy kan op jou eie stap of op ’n begeleide staptoer na verskeie grafte van geskiedkun­dige belang gaan. R50 p.p.

EET HIER Meerkat-restaurant. Dié restaurant van Piet en Mariaan Stassen op die perseel van Fraserburg Kafee in Voortrekke­rstraat. Groot spyskaart met onder meer die Meerkat Burger (R30). Smul vir slegs R67 aan ’n bord kookkos met malvapoedi­ng, filterkoff­ie én vrugtesap! Kontak 023 741 1180.

Die Pers Malva. ’n Koffie- en geskenkwin­kel by Cillierstr­aat 20. Die cappuccino (R18) is eersteklas. Lê weg aan ’n springbokp­astei (R42) en eet iets soets vir nagereg – die rooifluwee­lkoek (R25) is ’n wenner. En as jy om een of ander rede ’n dokument moet uitdruk, kan die eienaar, Dirk van Schalkwyk, jou daarmee help. Kontak 023 741 1099

BLY HIER Die Kliphuis Dié gebou dateer uit die 1850’s en is aanvanklik as ’n meule gebruik. Hier is en suite-dubbelkame­rs. Waar? Voortrekke­rstraat 5. Koste Kamp R100 p.p.; dubbelkame­r vanaf R395 p.p. wat deel. (ontbyt ingesluit). Aandete vanaf R85 p.p. Kontak 023 741 1870

kliphuisfr­aserburg.co.za

Eselfontei­n-gasteplaas ’n Plaashuis op ’n skaapplaas. Hier is drie slaapkamer­s en ’n toegeruste kombuis. Swembad, Aga-stoof en binne- en buitebraai. Waar? 30 km buite Fraserburg langs die Rantepad, rigting Sutherland. Koste Vanaf R250 p.p. Kontak 084 873 0098 (Marius)

 ??  ?? ’n Klassieke 1948 Bedford-lorrie by die Kliphuis
’n Klassieke 1948 Bedford-lorrie by die Kliphuis
 ??  ?? ’n Toneel in die museum
’n Toneel in die museum
 ??  ?? Die Peperbus
Die Peperbus
 ??  ?? Erns se vellie by die Bradysouru­s- spoor
Erns se vellie by die Bradysouru­s- spoor
 ??  ?? Dirk van Schalkwyk by Die Pers Malva
Dirk van Schalkwyk by Die Pers Malva

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa