Weg!

MENSE SE LENSE

LESERSFOTO’S • FOTOGRAFIE­WENKE • PORTEFEULJ­E

- DEUR TOAST COETZER

’n Buffel wat ’n modderbad vat, ’n helikopter in silhoeët en ’n waaghalsig­e stapper... is jou kiekie dié maand op ons blaaie?

MYLES SHARP

@myles_greggo_sharp Nikon D3200 Sigma 70-300 mm-lens

MYLES VERTEL: Vroeër die jaar, sowat ’n week ná die Knysna-brande, was ek en my pa teen sonsonderg­ang op die Knysnakopp­e toe ons ’n helikopter hoor aankom.

Ek het my zoemlens aangesit en dadelik begin skiet. Die geluk was aan my kant – ek was op die regte tyd op die regte plek.

TOAST SÊ: Myles is net 16 jaar oud, maar het duidelik ’n oog vir ’n sterk foto – gaan loer gerus op sy Instagram-profiel na nog puik foto’s elders in Suid-Afrika.

Daar was nog net-net genoeg lig in die dag vir hierdie foto. ’n Halfuur later sou dit te donker gewees het, want dan sou Myles nie ’n vinnig genoeg sluiterspo­ed kon gebruik om die haastige helikopter in vlug te vries nie.

Sy sluiterspo­ed was 1/320 van ’n sekonde. Hy sou dit vinniger kon maak as hy byvoorbeel­d sy ISO van 200 na iets soos 800 kon opskuif. Wanneer jy dit doen, maak jy jou kamera se sensor meer ligsensiti­ef en kan jy ’n vinniger sluiterspo­ed gebruik. Die nadeel–veral met’ n intreemode­llens kamera soos die D 3200( met duurder modelle is dit minder van ’n probleem) – is dat jou foto greinerig kan voorkom.

Hoe ook al, Myles se foto is op sy kop. Die komposisie – met die helikopter sowat een derde van regs – maak die foto sterk, al is dit relatief eenvoudig. Die helikopter vorm ’n prominente silhoeët en daar’s nooit enige twyfel wat dit is nie. Ek hou ook van die berge wat ’n rokerige kleur vang in die agtergrond.

Goeie werk, Myles.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa