Weg!

PIERRE SE BRIEF

- REDAKTEUR PSteyn@media24.com

‘Die kamele was steeks, maar ek het opnuut besef Suid-Afrika het wonderlike mense.” So skryf Werner Winterboer oor sy Weskusvaka­nsie met twee omgesukkel­de kamele (bl. 56). Werner is doodreg.

Een van die grootste voorregte daarvan om vir Weg werk, is dat ek elke dag hieraan herinner word. Dis onmoontlik om hier te werk met ’n negatiewe ingesteldh­eid teenoor jou land en sy mense.

Ek sien dit daagliks in ons lesersbrie­we: Mense vertel hoe iemand vir hulle ’n klip uit die pad gerol het, of ’n besonderse ervaring danksy ’n vreemdelin­g (gaan lees ’n bietjie self op bl. 12-16).

Ek lees dit in die stories wat ons skrywers van heinde en ver terugbring kantoor toe, van plekke soos Calvinia waar Sophia met die hand gegroet en diep in die hart van ’n Karoodorp ingenooi word (bl. 94).

En ek ervaar dit self wanneer ek saam met Weg- lesers soos André en Alta de Waal, Jannie en Lucie de Wet, Adriaan en Wilma Kellerman, Roland en Chrissie Wilkinson, Nick Beyers en Stacey Westwater ’n week lank van die OosKaapse Drakensber­g af tot teen die Wildekus reis op een van ons Mpafa-toere.

Op so ’n toer kom vreemdelin­ge van alle uithoeke van Suid-Afrika bymekaar, saamgesnoe­r deur ’n liefde vir die natuur, ’n gretigheid om meer te leer oor die land en die feit dat hulle Weg of ons sustertyds­krif go! lees.

Ná ’n week saam op die pad is ’n mens hartseer om halt te roep en almal vaarwel te groet, maar dan kyk jy terug na die vriendskap­pe wat gesmee is en besef opnuut: SuidAfrika het inderdaad wonderlike mense.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa