Weg!

CHEERIO GARDENS, HAENERTSBU­RG

- – Esma Marnewick

Enige “amptelike” tuin is heeljaar ’n besoek werd. Maar in die lente is dié tuin die blomweerga­we van vuurwerk op Nuwejaar! Om elke hoek ontplof nóg ’n boom of struik in kleurryke bloeisels: Rooi, oranje, pers, wit en elke denkbare skakering van pienk!

Sylvia Thompson, ’n eksentriek­e plantentoe­sias, het die tuin in 1946 begin en 30 jaar lank versorg. Sy het onder meer sade gekry van Kew Gardens in Engeland én die dokter van die Japanse keiser het vir haar sade van skaars asaleas en kersiebome gestuur. Ander plante wat ook hulle Sondagkler­e dra, sluit in irisse, vingerhoed­jies en krismisros­e. Kom stap op voetpaadji­es of sit rustig op ’n bankie onder ’n houtappelb­oom. Waar? 4 km verby Haenertsbu­rg op pad na Tzaneen op die R71. Draai af na die Cheerioval­lei. Jy kan nie die naamborde miskyk nie. Koste Toegang is gratis, maar R30 p.p. in seisoentyd (September en Oktober). Die tuin is heeljaar oop en elke seisoen het sy eie bekoring, soos die rooi en oranje kleure tydens herfs. Oop Daagliks van 9 vm.-5 nm. Ek is honger? In September en Oktober is The Deli and Coffee Shop elke dag oop, en die res van die jaar van Donderdag tot Sondag. Kontak 083 355 0835; cheeriogar­dens.co.za Lentefees Van 23 September tot 1 Oktober hou Haenertsbu­rg lentefees. Dan is hier allerhande stalletjie­s en musiek op die dorp en by die Magoebaskl­oof-hotel. Kontak 073 216 9912 (Liesl)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa