Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Hoe kom ek daar? Die Kasankanas­ionale park is ’n dag se ry (sowat 500 km) noord van Zambië se hoofstad, Lusaka. Indien jy uit Suid-Afrika reis, is dit dus sowat 3 tot 5 dae se ry, afhangend van waar jy die pad begin vat. Dit is heelpad teerpad tot by die park se ingang, en brandstof is beskikbaar in al die groot dorpe langs die roete.

Binne die park het jy nie 4x4 nodig nie, tensy jy in die reënseisoe­n (somer) hier aankom.

Ek wil vlermuise sien! Bespreek blyplek in die park tussen middel Oktober en middel Desember (die res van die jaar sien jy net enkele vlermuise). Hier is nie regtig ander verblyf buite die park wat naby genoeg is om ’n dagbesoek die moeite werd te maak nie. Jy wil ook minstens twee aande hier oornag (drie is beter) sodat jy die vlermuise meer as een keer kan sien: soggens en saans. Die begeleide vlermuisui­tstappie kos US$35 (R455) p.p.

Waar bly ek? Kasanka het netjiese kampplek en rondawels. Die Pontoon-kampplek (foto op hierdie blad) het 3 staanplekk­e: Pontoon 1 (vir tot 20 mense en 8 karre) en Pontoon 2 en 3 (vir tot 6 mense en 3 karre elk). Pontoon is die naaste aan die vywoud waar die vlermuise gesien kan word. Die Kabwe-en Bufumukamp­plek is verder weg. Kabwe is vir tot 10 mense, Bufumu vir tot 8 – met tot 3 karre wat op elkeen toegelaat word. Dit kos US$15 (R195) p.p. tussen Januarie en Junie (buite seisoen) en US$20 (R260) p.p. van Julie tot Desember.

Geen van die kampeerple­kke het elektrisit­eit nie, maar hout word verskaf. Ablusieger­iewe is eenvoudig: ’n spoeltoile­t en stort. Warm water word deur kampperson­eel aangedra.

Kasanka se ruskampe is almal klein. Wasa Lodge is die hoofkamp – hier’s ook ’n restaurant waar jy vooraf etes kan bespreek, selfs al bly jy in die kampterrei­n. Die 3 rondawels en 4 chalets kyk uit oor die Wasameer waar jy soms sitatunga sien. Selfsorg: US$50 p.p. (R650, Januarie-Junie) en US$70 p.p. (R911, Julie-Desember) Let wel Geen selfsorgop­sie is in die vlermuisty­d van middel Oktober tot middel Desember beskikbaar nie. Met etes en party aktiwiteit­e ingesluit: vanaf US$140 (R1 822) p.p. buite seisoen.

Luwombwa Lodge se 3 chalets

lê dieper die park in langs die Luwombwari­vier. Selfsorg kos US$50 p.p. (R650, Januarie-Junie) en US$70 p.p. (R911, Julie-Desember). Met etes en party aktiwiteit­e ingesluit: vanaf US$130 (R1 692) p.p. buite seisoen. Dit sluit ’n hengellise­nsie en die gebruik van ’n boot en kano’s in.

Bespreking­s is noodsaakli­k vir kamp en lodgeverbl­yf.

Parktariew­e Toegang: US$8 (R104) p.p. Voertuie: US$12 (R156) per dag.

Wat nog? Dié deel van Zambië is vol verrassing­s. Kasanka se mense kan jou ook na ’n afgeleë moeras neem (slegs middel Julie tot Oktober) om na die skoenbekoo­ievaar te gaan kyk.

Die haas onverkende Lavushi Manda- nasionale park ( jy kan geelvis vang daar) is ook binne trefafstan­d van Kasanka. Doen navraag oor hulle ekskursies daarheen. Kyk op die webwerf vir die pryse van ander aktiwiteit­e, soos nagritte.

Malaria Ja, tref voorsorg. Visum Suid-Afrikaners het nie een nodig vir Zambië nie.

Kontak kasankanat­ionalpark. com; 072 298 0777 (bespreking­snommer in Suid-Afrika)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa