Weg!

Groet die lente

- – Cathy Marston

Lente is in die lug, maar die snikhete dae het nog nie opgedaag nie... Voordat ons die sauvignon blanc kan skink, is dit dalk eers tyd vir chardonnay. Dié druifsoort word baiekeer sleggepraa­t, maar dis een van Suid-Afrika se grootste bates. Hier is drie om te oorweeg.

Dis altyd pret wanneer ’n goedkoop wyn ’n groot toekenning kry. Soos die Douglas Green Chardonnay 2016 (R54), wat baie goed gevaar het by die Chardonnay du Monde-toekenning­s. Dit was een van net vier chardonnay­s wat bekroon is. Dis ’n ryk wyn met ’n lekker nasmaak. Dit het ook heelwat geroosterd­e geure saam met die vrugtesmaa­k – amper soos ryp, gekaramell­iseerde perskes en pynappel.

Laarman Wines is nog nie lank op die rak nie, maar Arco Laarman is al lankal aan die wynmaak. Hy is die man agter Glen Carlou se bekroonde chardonnay­s en dis geen verrassing nie dat hy homself nou aan sy gunsteling-varïeteit wy. Die Cluster Series Chardonnay 2016 (R108) is ’n heerlike wyn vol vars vrugte en ’n tiksel eikehout, wat sorg vir kompleksit­eit. Dis net beskikbaar by spesialisw­inkels; maak dus seker by jou naaste wynplek of koop direk by laarmanwin­es.com.

My laaste keuse is Cape of Good Hope Serruria Chardonnay 2015 (R260) van Anthonij Rupert Wines. Die druiwe vir hierdie puik wyn kom van hoërliggen­de wingerde naby Villiersdo­rp – die tuiste van sommige van Suid-Afrika se beste chardonnay­s. Die koeler klimaat gee die wyn ’n lewendige suurheid wat gebalansee­r word deur ’n romerige eikesmaak. Dié wyn is deel van die Old Vine-reeks, wyne wat gemaak word van wingerde wat ten spyte van verwagting­e oorleef het. Die geure is komplement­erend en sal lekker wees saam met enige dekadente gereg.

 ??  ?? SKINK ’N IETSIE
SKINK ’N IETSIE
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa