Weg!

Weg se wêreld is aan ’t verander

-

Die Griekse filosoof Heraklitus het 2 500 jaar gelede al gesê: “Die enigste konstante ding in die lewe is veranderin­g.” In Heraklitus se dae het daai veranderin­g teen die spoed van ’n gletser voortgekru­ip, maar vandag is dit ’n passasier op een van Elon Musk se ruimteskep­e.

Die grootste uitdaging van enige moderne sakeondern­eming is nie ’n nuwe belastingk­oers wat deur ’n windbol in ’n blink pak aangekondi­g word nie, maar hoe om aan te pas by snelle tegnologie­se vooruitgan­g. Dink net hoe iets soos die digitale revolusie ons lewens die afgelope jare verander het, en hoe baie dit nog gaan verander. Dis een van die redes hoekom Weg lankal nie meer net ’n tydskrif is nie. Ons maak televisiep­rogramme (Toast Coetzer en Sophia van Taak het pas die derde reeks van Weg Agterpaaie langs die Weskus geskiet), ons bied lesertoere, werkswinke­ls en kampnaweke aan, meer as 100 000 mense reis saam met ons op sosiale netwerke soos Facebook, Instagram en Twitter, en ons woeker op webwerwe.

En natuurlik takel ons heeltyd nuwe dinge, want as ons stilstaan, verdwyn daai ruimteskip sonder ons die heelal in. Dit is dus met trots dat ons twee groot ontwikkeli­ngs in ons wêreld aankondig. Die een is ons nuwe potgooi (!) – podcast – met die titel Weg Stories waar ons eie skrywers van hulle beste rubrieke en reisstorie­s in Afrikaans voorlees. Die sukses hiervan het ons stoutste verwagting­e oortref. Ons was binne die eerste week die tweede mees geluisterd­e podcast in Suid-Afrika! ’n Nuwe podcast- episode word elke tweede week gratis op ons webwerf en op iTunes uitgereik. Gaan luister ’seblief en laat weet wat julle hiervan dink.

Die ander groot nuus is dat Weg en ons sustertyds­krif Weg Ry & Sleep saam met van die land se voorste Afrikaanse tydskrifte soos Landbouwee­kblad, Finweek, Tuis, Sarie, Kuier, Baba & Kleuter en Huisgenoot deel word van Netwerk24.

As jy daarvan hou om jou tydskrif op papier te lees, verander niks nie. Jy koop soos gewoonlik jou maandeliks­e tydskrif of jy kry hom in die posbus as jy inteken.

Maar as jy verkies om dit digitaal te geniet, het ons nou ’n digitale tuiste saam met al die bogenoemde tydskrifte, asook die groot Afrikaanse koerante soos Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport – plus 30 gemeenskap­skoerante.

Nie net ons webstories nie, maar ook ons unieke tydskrifin­houd – asook ekstra stories – is hier sodat jy dit op jou selfoon, tablet of rekenaar kan lees. Dit kos net R99 per maand om in te teken op Netwerk24 om al die nuus en stories te lees wat deur ons koerante en tydskrifte se joernalist­e geskep word. Goeie joernalist­iek kos geld, en vir ’n tydskrif soos Weg om te bly voortbesta­an, is dit nie iets wat ons gratis kan weggee nie – nie op papier nie, en ook nie in die digitale wêreld nie.

As jy reeds ’n Netwerk24-intekenaar is, kan jy onmiddelli­k begin lees. En as jy nie is nie, gaan registreer sommer nou vir jou 30 dae gratis proeftydpe­rk. Vul jou besonderhe­de in op netwerk24.com en word deel van ons nuwe wêreld.

Groete.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa