Weg!

Ek het Kavanagh sien jaag

- JOHAN FERREIRA, Pretoria JACOB LE ROUX, Kleinmond

Die “Toe en Nou” oor Philippoli­s in Weg se November-uitgawe het dadelik my oog gevang. Op die 1939 Chrysler (of Plymouth) se kattebak voor Hattingh se garage staan “FILM CRASH SQUAD KAVANAGH”.

Reg (of Rex) Kavanagh en sy klomp taamlik gehawende motors was ’n bekende groep waaghalse wat deur die Kaapkoloni­e getoer het. Ek was destyds in 1956 ’n st. 3-kannetjie in die koshuis op Queenstown en ek kan onthou hoe ons seuns met groot oë en bewonderin­g gekyk het hoe die klomp ou motors met ’n dik rookbol wat uit die uitlaatpyp borrel, op twee wiele om die skouterrei­n jaag. En dan ’n skuins oprit bestorm en bo-oor ’n ander geparkeerd­e motor spring.

Ek glo nie die twee manne wat langs die motor staan, was inwoners van Philippoli­s nie. Die man in die pak klere was waarskynli­k meneer Kavanagh en die een met die stofjas seker sy bestuurder. Hulle het waarskynli­k maar net daar vir brandstof (of herstelwer­k) vertoef. Ek skryf na aanleidinn­g van die “Toe en Nou” oor Philippoli­s. Op die voorgrond van die Toe-foto staan twee mans by ’n 1937 of 1938 Chrysler. ’n Mens kan aflei dat die advertensi­e op die motor met die selfversek­erde man te doen het – sy een voet is besitlik op die motor se trap. Op die deure lyk dit asof Chrysler Kavanagh se Crash Squad borg.

Kavanagh is ’n Ierse van. Volgens inligting op die internet was Reg Kavanagh ’n vegvlieëni­er in albei die wêreldoorl­oë van 1914 en 1939. In die tussenjare was hy die leier van ’n groep waaghalse wat lewensgeva­arlike toertjies met vliegtuie en motors in verskeie lande uitgevoer het en dit dan verfilm het. Hulle het onder meer in Suid-Afrika, Amerika, Engeland, Ierland, Nieu-Seeland en veral in Australië opgetree.

Weens die lewensgeva­arlike aard van hulle optredes moes die lede onderneem om ongetroud te bly en Reg Kavanagh het uit die groep bedank toe hy in 1940 in Australië verlief geraak het op ’n Switserse ysskaatser. Die troue is egter uitgestel toe hy weer by die Britse koninklike lugmag (RAF) aangesluit het. ’n Mens kan maar net wonder wie die man in die kamerjas op die foto is...

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa