Weg!

Botswana vir ’n langnaweek

- JACO EN HANNA-LET RAUTENBACH, Tzaneen

Ons het onlangs gaan kamp by die Limpopo River Lodge in Botswana se Tuli-blok. Dié puik wegbreekpl­ek op die oewer van die Limpoporiv­ier is net sowat 40 km van die Platjan-grenspos spos af af.

Die kampplek en ablusies was skoon en netjies. Hier is nie krag nie, maar paraffienl­ampe sorg vir mooi atmosferie­se lig. ’n Donkie of sonkrag sorg vir warm water. Isaac Kubu, die vriendelik­e kampopsigt­er, maak seker alles verloop glad. Hy kom maak elke dag skoon en het selfs ons skottelgoe­d gewas!

’n Hiëna het een aand aan ons tent kom snuffel én ons het een oggend ’n luiperdspo­or by ons voertuig gekry. Jy het nie ’n 4x4 nodig nie, net ’n voertuig met hoë grondvryho­ogte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa