Weg!

Dis mos óns kampplek daai

- CHRIS EN TRUDIE GROBLER, Centurion

Groot was ons verbasing toe ons in Weg se November-uitgawe ’n foto van ons kampplek sien op bl. 42 in die Klassieke Reisplan: Kalahari. Ons het opgepak ná ’n heerlike vakansie in die Kgalagadi-oorgrenspa­rk in Augustus 2015.

Ons het saam met ons dogter en skoonseun, Marizaan en Schalk Burger, vakansie gehou. Schalk het op 20 Augustus verjaar en ons het die kamp versier, die Leeuwdril-4x4-roete gaan ry en by die Auchterlon­iepiekniek­kol ontbyt gaan maak.

Ons was intussen in 2016 weer vir twee weke daar en gaan dan ook in September 2018 na Mabuasehub­e toe aan die Botswanaka­nt van die park. Ons was al vir 5 dae, 10 dae en 13 dae in die Kgalagadi – en elke keer is dit te kort. Ons het ook agtergekom dat ons mediese fonds binne ses maande uitgeput is in die jaar wat ons nie Kgalagadi toe gaan nie. Ons ly dan aan akute onttrekkin­gsimptome!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa