Weg!

Duisende foto’s in Mokala

- JOHANN VAN DER BIJL, Kaapstad

Ek en my vrou, Louise, was onlangs in die Mokala- nasionale park. Elke dag was heerlik en ons was traag om huis toe te gaan. Ons het ’n lys diere gehad om te sien en kon almal – behalwe die nagdiere – afmerk.

Ons is amateurfot­ograwe en weet nie veel van f-stoppe en dies meer af nie, maar ons wou nietemin dié foto met julle deel.

Ons het een oggend ontbyt gemaak by ’n piekniekpl­ek sonder heinings en sien toe later die renoster sowat 500 m verder in die pad af. Ek dink sy was banger virons as wat ons vir haar was..

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa