Weg!

Port St. Johns, Wildekus

-

In my familie is “strand” gelyk aan “vakansie”! My ma geniet dit om in die branders te speel en my pa is ’n kranige naweek-visserman. My ouma en oupa het ’n vakansiehu­is in Kleinkrant­z naby Wildernis aan die Tuinroete gehad – dis waar ons die meeste Desemberva­kansies deurgebrin­g het. Maar toe ek sewe jaar oud was, het my ouers besluit om my en my suster op ’n avontuur te vat na ’n plek waar ons nog nooit was nie: Port St. Johns in die voormalige Transkei. Familie van Kaapstad, Calvinia en Durban het daar byeengekom vir twee weke by ’n oord by Second Beach.

Die avontuur het begin lank voor ons by die strand aangekom het...

Dit sous. Water klots teen een van die brûe (ek kan nie onthou watter een nie) na aan Port St. Johns – dis onveilig om oor te ry. Ons moet ’n ompad ry oor ’n ander, hoër brug en dan verder met ’n grondpad aankruie.

Dit reën hard toe ons die grondpad aandurf in ’n stewige konvooi: ons Conquest, ’n Toyota Liftback, Toyota Camry met ’n sleepwa en ’n VW Golf. Ons sien groot 4x4’s omdraai – die bestuurder­s sê die pad is te modderig om verder te gaan – maar ons het nie só ver gery net om hier te kom omdraai nie!

Die laaste 40 km tot by Port St. Johns vat ons ses uur. Ons moet die motors teen selfs die kleinste opdraand uitstoot. En in die proses leer ek waardevoll­e lewensless­e, soos hoe om rubbervloe­rmatjies vir trekkrag te gebruik en hoe om motors te stoot as ’n mens kaalvoet in diep modder staan.

Toe ons uiteindeli­k by Second Beach aankom, is die voorruite die enigste deel van die motors wat nie toe was in ’n laag modder nie.

Die volgende oggend is die lug blou en die weer fantasties. Die strand is net oorkant die pad en die Bulolorivi­er loop ook by die oord verby. Die water is warm – nie soos die yskoue Atlantiese Oseaan waaraan ons gewoond is nie.

Die branders is ongeloofli­k en ek plons ure lank in die vlak water rond saam met ouer suster Lee-Ann en ons niggies Amy, Deleen en Natlee.

Vandag kan ek steeds die reuk van die see onthou, en hoe die plaaslike vissermann­e vars vis en reuse-krewe aan ons probeer verkoop het. Ons het in ons baaibroeke geleef en ek het saans laat wakker gebly saam met die ouer kinders – ons het op die trampolien gespring en speletjies gespeel by die oord se klubhuis.

My ma sê die rondawels waarin ons gebly het was “baie basies”, maar vir my het dit soos ’n vyfsterhot­el gevoel!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa