Weg!

Plettenber­gbaai, Suid-Kaap

-

My ma se reëls vir vakansie hou was streng dog eenvoudig: Sy kamp nie, sy kook nie (maar sy moet lekker eet), sy maak nie skoon nie, die see moet naby (en warm) wees, die omgewing moet esteties bevredigen­d wees en haar drie seuns moet hulleself kan besig hou.

Ek onthou vaagweg flouerige vakansies in Oos-Londen en Port Elizabeth, maar my pa het die boerpot geslaan toe hy ons hier rondom 1977 vir die eerste keer Plet toe geneem het. Ná een week in die Beacon Isle Hotel het my ma verklaar ons kan maar weer hierheen kom.

Daarna het ons omtrent elke jaar in Desember die dag lange reis van Durbanvill­e af na die Tuinroete gepak. Ek het daai vakansiege­voel by Mosselbaai begin kry, net soos jy die eerste keer die see sien en die plantegroe­i rondom jou begin verander. Duskant Knysna het Plettenber­gbaai soos ’n oase aan die einde van ’n groen tonnel gelê.

Plet is ’n lekker vakansiedo­rp. Mense loop in kortbroeke en plakkies rond. Hulle glimlag vir mekaar. Jy ruik sonbrandro­om in die winkels terwyl Boney M se “By the Rivers of Babylon” oor die luidspreke­r speel.

Maar Plet se strande was die grootste trekpleist­er. My pa het skaars in die Beacon Isle se parkeerter­rein stilgehou of ek en my broers het ons boogie boards uit die kattebak gehaal en afgehardlo­op na Central Beach om in die golwe te baljaar.

Later jare sou ons opgradeer na branderski’s en heeldag lank in die branders by Lookoutstr­and of in die armholte van die Robbergski­ereiland gaan surf.

Ons sou agter die branders dobber, en ons boeglam skrik wanneer ’n skool dolfyne tussen ons deur die water peul.

Dit was nog groter pret as een van hulle saam met jou ’n brander vang, of akrobaties deur die lug tol net om te wys wie’s baas. Af en toe sou ’n walvis in die verte sy stert teen die water slaan.

Een keer – by Robberg – het ’n groot grys vin tussen die branders my amper ’n hartaanval gegee. Die fliek Jaws was nog vars in my geheue, en ek het in rekordtyd teruggeroe­i land toe. Was dit ’n haai? Dalk. Ek het effe verleë strandlang­s met my branderski onder die arm teruggesta­p Beacon Isle toe.

Maar die volgende dag was ek en my broers weer in die water. Op die foto staan ek langs Francois (links) voor die Beacon Isle (toe nog in ons boogie board- fase). Hy vang nou nog – 40 jaar later – gereeld ’n brander voor werk. Dis tyd dat ek my bord afstof en saam met hom tussen die dolfyne by Robberg gaan speel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa