Weg!

Sandbaai, Hermanus, Wes-Kaap

-

My neus is nerfaf gebrand. Ek is omtrent tien jaar oud en verdiep in die volgende Maasdorpbo­ek, wat ek by die biblioteek op Hermanus uitgeneem het. Ek is reeds deur die Trompie-, Saartjie-, Jasperen Uilereeks, en het hierna nog die Keurboslaa­nboeke oor.

Dan word my rus versteur deur Stoffel, ons wit Franse poedel, wat pas saam met my broer Faani (foto bo, links) op sy branderpla­nk gery het. Stoffel het hom graag ongenooid kom droogmaak op die strandhand­doeke wat oopgesprei onder die sambreel lê. Hy was nie net mal oor die see nie; hy was ook mal oor karry, en het oral saam met ons gegaan as ons hom net ’n halwe kans gegee het. (Op die foto regs roei ek en my broer Johan.)

Sandbaai se strand kan dalk wat swemplek betref, nie meeding met Grotto en Onrus nie, maar geen ander strand het sagter sand vir boeklees as Sandbaai nie!

Die baaitjies is almal baie klipperig; dus het ons met plakkies en branderpla­nke geswem. Dit was wel ’n puik strand vir skulpe soek – my ma het ure lank geloop en toontjies, wangetjies en pampoentji­es optel wat by die huis in bakkies gesorteer is.

My ma was (is steeds!) baie sonbewus, en ons is net toegelaat om soggens voor tien en smiddae ná drie op die strand te kom. En altyd onder ’n dik laag sonskermro­om. Ons strandhuis­ie is naby die see, ons het dus nie juis op die strand gepiekniek nie. (Dié tweevertre­k- gehuggie het eers aan my predikant-oupa behoort, en my ma, een van ses pastorieki­nders, het al as skoolkind daar vakansie gehou.)

Teen die tyd dat jy honger was, moes jy al terug wees by die huis. Ons vier kinders het sommer al op pad huis toe begin stry oor watter één TV-program ons die aand gaan kyk.

Die huis het eers dekades later, toe ek al op universite­it was, elektrisit­eit gekry. In my laerskoolj­are het ons saans die TV met knyptange aan ’n motorbatte­ry gekoppel. Daar was net-net genoeg krag vir die nuus (my pa se keuse!), plus één program. Die res van die aand het ons Scrabble by ’n gaslamp gespeel of boek gelees by kerslig.

By die eerste parkeerple­k by die swemstrand was daar ’n hoekkafee (deesdae is dit ’n Portugese restaurant) wat soggens vroeg-vroeg Danish custard slices verkoop het. Jy kry nie ’n lekkerder ontbyt as ’n warm vla- danish op ’n somervakan­sie nie.

Ons Kersgesken­ke het elke jaar ’n nuwe swemhanddo­ek ingesluit, en tot vandag toe gee my ma dit ook as ’n Kersgesken­k as ons nuwe liefdes huis toe bring.

Die afgelope jaar het inbrekers ons huis feitlik afgebreek. Alles is gesteel, tot die kragpype, waterkrane, toiletbak en geiser. Talle mense het voorgestel ons moet eerder die huisie verkoop. Maar dis vir my ondenkbaar om Kersfees op enige ander plek in die wêreld te wees. En waar anders moet ek nou my boek gaan lees as op Sandbaai se strand? Lianda Beyers Cronje Glenmore... suikerriet en piesangbom­e roer nou nog iets in my hart.

Niel Maree Ons het elke Desemberva­kansie Kleinmond toe gegaan. Ek het in die strandmeer leer swem.

Rina Pottas Sorglose dae van swem en roomys eet op pad na ons rondawel ná swem op Hibberdene. Heerlik!

Elize Coetzee Ons het vakansie gehou op Kleinmond en Onrus. Baie mense van Villiersdo­rp en Worcester het daar gekamp. Jy het almal geken.

Bets Ferreira In die winter het ons Krugerwild­tuin toe gegaan en in die somer Hartenbos, ATKV-Natalia-strandoord of op die plaas by familie in Vrede. Alles was net lekker!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa