Weg!

SE #MENSESELEN­SE-FOTOBOEK IS HIER!

JANCO VAN EEDEN

-

@jancovanee­den Canon EOS 760D Canon 10-18 mm-lens

JANCO VERTEL: Dié foto is op die plaas Koppiesdam in die Strydenbur­g-distrik in die Noord-Kaap geneem. Ons het by vriende gekuier.

Ek het die foto opgestel deur my kamera op ’n driepoot te sit. Met die hulp van ’n flits het ek die windpomp (voorgrond) genoeg belig sodat die foto nét reg uitkom.

My verstellin­gs was: lensopenin­g f4.5, sluiterspo­ed 30 sekondes en ISO 1 600.

Ek het later op my rekenaar redigering­swerk gedoen. Die foto is effens ligter gemaak en ek het die Melkweg se kleure meer natuurlik laat lyk sodat dit beter aansluit by die voorgrond waar die windpomp staan.

TOAST SÊ: Wie sou kon raai dat ’n foto van (onder meer) ’n JoJo-tenk jou só nietig kan laat voel?

Die platteland van Suid-Afrika – met die Noord-Kaap voor in die koor – is van die beste plekke ter wêreld vir sterrekyk.

Janco se vernuftige foto laat ons sterrebuur­t behoorlik sprankel – jy sou kon sweer dis ’n stad soos New York wat doer in die verte flonker.

Die voorgrond is belangrik, want dit plaas Janco se foto binne ’n spesifieke gebied. Ons herken die plaasmotie­f van ’n windpomp en watertenk onmiddelli­k. Dís wat hierdie foto karakter gee. > Vandeesmaa­nd se “Mense se lense”-foto’s verskyn saam met ander puik lesersfoto’s in Weg se eerste fotoboek.

Dié duursame hardebandb­oek bevat die beste foto’s soos gedeel op ons Instagramb­lad, @menseselen­se. Merk jou reisfoto’s met die hutsmerk #menseselen­se en ons deel dit dalk daar. En, wie weet, dalk verskyn jóú foto in ons volgende boek! Prys R500 Bestel by

winkel.weg.co.za of bel

021 443 9866.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa