Weg!

MARIUS BRITZ

-

@peanut_butta GoPro Hero4 Silver

MARIUS VERTEL: Ek het hierdie sebras afgeneem op ’n boer se plaas wat op die Palmietfon­tein-pad buite Klerksdorp lê.

My vrou is lief daarvoor om vir dié twee appels te voer. Jy gee een fluit dan kom hulle so ewe rustig aangestap vir ’n bietjie liefde en aandag.

TOAST SÊ: Hiert, kwagga!

Die lekker ding van ’n kompakte aksiekamer­a soos ’n GoPro is dat dit jou ’n eerstepers­oonshoek op die aksie gee. In hierdie geval is dit nou nie iemand wat met een op sy valhelm vasgeplak teen ’n bergpaadji­e afjaag met ’n fiets nie, maar iets meer besadigs.

Omdat die sebra se neus so na aan die kamera se lens is (net ’n armlengte ver), veroorsaak die GoPro se wyehoeklen­s verwringin­g. Dit pla nie: Dis iets wat reeds deel van die identiteit van ’n “tipiese” GoPro-foto geword het. Ons “lees” die foto maklik, want ons het al vantevore sulke foto’s gesien – dis verbasend hoe vinnig ons visuele kennis verbreed.

Dis hierdie unieke hoek wat Marius se foto laat uitstaan – dit voel meer intiem omdat jy so na aan die diere is. Die sagte lig speel natuurlik ’n rol, asook die lyn wat die draadheini­ng maak.

Dis ook goed dat die sebras se ore bo die horison uitstaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa