Weg!

BRENDAN COLE

-

@drakensber­g_explorer Nikon D750 Nikon 28-300 mm-lens

BRENDAN SKRYF: Ek was by Port Owen in die Weskus en het vroeg gaan stap. Dit was ’n grys, stormagtig­e oggend en die toestande was nie ideaal vir fotografie nie, en ek besluit toe om teen laatmiddag na dieselfde plek terug te keer.

Teen sononder was die wolke steeds dik, maar soos die son nader aan die horison gekom het, het die wolke eensklaps oopgemaak. Tien minute het hierdie intense kleure die lug verfraai.

Omdat ek die oggend reeds my hoek gekies het, kon ek vinnig my kamera op die regte plek opstel vir dié skoot.

Ek het drie verskillen­de foto’s geneem, en op elkeen is die beligting van ’n ander deel voorop gestel. Later het ek op die rekenaar hierdie drie foto’s saamgestel as een foto, wat beteken dat ek regdeur die raam perfekte beligting kon wys.

Verder het ek aan die kleure verstel, en die foto verskerp totdat dit gelyk het soos die oomblik toe ek dit afgeneem het.

TOAST SÊ: Sjoe! Hierdie is ’n foto wat jou asem wegslaan. Dit verg egter beplanning, soos Brendan vertel. Dis goed om terug te keer na ’n plek waar jy wéét ’n goeie foto geneem kan word. Wees geduldig en wag vir die weerstoest­ande en die lig om saam te speel.

Hier is so baie om na te kyk in Brendan se raam: Die kaai wat jou oog weglei dieper die foto in, die skuit hier naby, die seilboot verder, die voëls regs bo.

Dis g’n wonder dat Brendan se foto soveel “likes” op ons Instagram-blad gekry het nie.

Sien die kassie langsaan vir hoe jy jou foto’s met ander Weglesers kan deel en hoe jou foto dalk in aanmerking kan kom vir ons volgende Weg- fotoboek!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa