Weg!

K-Way Explorer Addo- & Serala-hemp

-

1 Die Addo is vir mans en die Serala vir vroue. Albei is tegniese hemde met ’n poliëster-en-spandex-mengsel. Die materiaal het UVBF40+-sonbeskerm­ing. Dit vee vog weg van die vel af en word vinniger droog as ’n drankie wat in die Kalaharisa­nd val. Was dit saans, hang dit oornag op en dit sal die volgende oggend reg wees vir aksie.

Die hemde weeg so te sê niks en het ’n kraag wat jy kan opslaan om jou nek te beskerm. Die enigste verskil tussen die twee (buiten die snit) is dat die Addo lang moue het. Hopelik sal die volgende weergawe van Serala dit ook hê. R550 elk by Cape Union Mart

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa