Weg!

Oakley Frogskins

-

Die oorspronkl­ike Frogskins het Oakley naam gegee in die jare tagtig. Die nuwes het dieselfde ontwerp, met baie beter lense en rame van ’n ligter, sterker plastiek. Dis nuttige dat die armpies afspring as jy per ongeluk daarop sit – en maklik is om weer aan te sit.

Daar’s hope kleure en lense om van te kies: Kry gepolarise­erde lense as jy tyd op of naby die water deurbring (dit verminder die helder weerkaatsi­ng) of Prizm-lense as jy deur ’n Instagram-filter na die wêreld wil kyk (die tegnologie doen iets aan die kleurgolfl­engtes om alles helderder te laat lyk). Alle Oakley-lense bied uitstekend­e UV-beskerming. Vanaf R1 200 by winkels soos

sunglasshu­t.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa