Weg!

Gestreepte sarong

-

Nes ’n Buff is ’n sarong onmisbaar in enige vakansiesa­k. Dis veral bruikbaar as jy gaan roei: Gooi dit oor jou bene in die boot om te keer dat die son hulle braai en gebruik dit as ’n handdoek nadat jy in die rivier geplons het. Soek ’n afgeleë strandjie en sprei dit op die sand oop – net reg vir ’n middagslap­ie – of draai dit om jou lyf as ’n koel windjie begin waai. Hierdie een is 100 x 190 cm – omtrent so groot soos ’n groot strandhand­doek. R199 by Spree >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa