Weg!

UV Buff Bandana

-

Hierdie silindervo­rmige kledingstu­k het sy ikoniese status aan die TV-reeks Survivor te danke – dit het 17 jaar gelede met die eerste reeks bekend geword. Deesdae sien jy ’n Buff op elke staptoer en bergfietsr­oete in die wêreld.

Dra dit saam met ’n breërandho­ed om jou nek te beskerm, of onder jou fietsry-valhelm om jou ore te beskerm. Draai dit om jou arm as ’n sweetband of dra dit soos ’n kopband as dit koud is – gaan koop net een. R260 by Cape Union Mart

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa