Weg!

Natural Instincts Easy Pitch Deluxe Gazebo

-

11 Dié yslike 3 x 3 m-skadumaker was veel makliker om op te slaan as wat ek gedink het dit gaan wees. (Ek het dit binne sowat vyf minute op my eie reggekry.) Die raam het ’n spinnekop-ontwerp wat uitvou en vasklik wanneer dit op die regte plek is. Die UVB50-oortreksel maak vas met Velcro-bandjies. Jy kan die hele storie met ankertoue en penne vasmaak en jy kan mure koop teen R395 elk.

Dis ideaal vir ’n lang dag op die strand, kampvakans­ies of selfs ’n braai in jou tuin. Dit slaan net so maklik af en die dratas het wieletjies om jou te help om dit weer by die motor te kry. Dit weeg 19 kg en is nogal lank wanneer dit ingepak is – piekfyn in ’n Fortuner, maar ’n bietjie knap in ’n Kia Picanto. R2 195 by Outdoor Warehouse

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa