Weg!

WAT SÊ DIE MENSE?

-

“As jy hou van ’n bargain, gaan kyk by Castaway Love, ’n tweedehand­sklerewink­el wat weggesteek is in ’n klein binnehof in die Umhlali-buurt (oorkant die Umhlali-voorbereid­ingskool, Ou Hoofweg). Die locals deel nie graag die plek nie. Tanya Stanissis en Mandy Gray, die eienaars, het ’n slag daarvoor om goeie tweedehand­se klere op te spoor. Die winkel is al so gewild dat ’n tweede tak pas by The Lifestyle Centre in Ballito oopgemaak het, maar ek is dol op hoe eksentriek die eerste winkel is.

Volg hulle op Instagram (@castaway_love) vir foto’s van nuwe goed en snaakse video’s wat die susters bekend gemaak het.” – Rebecca Lund, Delish Sisters Enige toeristedo­rpie wat sy sout werd is, het ’n goeie koffiewink­el en snuisteryw­inkels waar jy sleutelhou­ers en poskaarte kan koop, en deesdae ook ’n boetiekbro­uery. Die BALLITO BREWING COMPANY (voorheen Great Railroad Brewing) brou nege goeie biere, gemaak van organiese hop al die pad van die Drakensber­g af. Ongelukkig is hier nie ’n kroeg waar jy net kan inval nie, maar bespreek ’n paar dae vooruit vir ’n brouerytoe­r.

Bierbrouer­y is ’n boeiende proses en dis lekker om so kuier-kuier saam met die brouer te toer. En dan kan jy boonop van die brouers Gary en Ursula Wilby se produkte proe, en ’n geskenkpak saam met jou huis toe neem.

As jou smaakknopp­ies smag na nog (probeer die Irish Red Ale of Shaka’s Impi Lager), kan jy dit by die meeste drankwinke­ls in die dorp kry, of ’n koue een by een van die plaaslike restaurant­e bestel.

Knak ’n koue

Die REDWOODS RIDING CENTRE is dié plek vir perdryless­e of -ritte in die Ballito-omgewing. Selfs al is die enigste ding wat jy van ’n perd af weet, dat jy nie agter hom moet staan nie, is jy welkom.

Shannon Hopkins, die passievoll­e instrukteu­r en assistentb­estuurder, stel dit só: “Om tyd hier saam met die perde deur te bring het terapeutie­se waarde vir baie mense. In hierdie moderne tye waar tegnologie ons almal regeer, is dit goed vir jou menswees om met diere en die natuur te doen te kry.”

Dit klink nogal soos iets wat baie van ons nodig het, maar as jy nog oorreding kort: Hoe klink ’n ontspanne ontbytrit (’n glas sjampanje ingesluit!)? Waar? Jy draai af van Esenembe-weg (sowat 15 minute van Ballito af ). Jy moet vooraf bespreek – vra dan vir aanwysings. Oop Net op weekdae; bespreek vooraf vir ’n naweekrit. Koste R300 vir ’n rit van 90 minute. Kontak 032 942 6031; redwoodsri­dingballit­o. wordpress.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa