WILDTUINVAKANSIE, 1956

Weg! - - Na De Vlugt Agterpad -

Koos Mol van P­re­to­ria ver­tel: Die artikel “Kru­ger­wild­tuin, 55 jaar gelede” ( Weg #152) het my hoen­der­vleis ge­gee, want toe loop my ge­dag­tes ver te­rug na ons kin­der­ja­re in die ja­re vyf­tig toe die wild­tuin nog rof was.

Al die paaie was grond­paaie, daar was nie krag nie en die ten­te het net staal­ka­tels met klap­per­haar­ma­tras­se ge­had. Ons het des­tyds in Be­no­ni ge­bly en die wild­tuin min­stens een keer per jaar be­soek.

Op die eer­ste nag van el­ke skool­va­kan­sie het die mo­tors in ’n el­le­lan­ge tou voor die Num­bi­hek ge­staan, in af­wag­ting op die oom­blik vroeg die vol­gen­de og­gend wanneer die hek sou oop­maak. Ons kin­ders het in die pad ge­speel ter­wyl vuur­tjies o­ral ge­brand het – die men­se het langs die pad vleis ge­braai en piek­niek ge­hou.

In dié ja­re was die noor­de van die wild­tuin nie in die so­mer oop vir be­soe­kers nie, en ons het al­tyd by S­ku­ku­za of P­re­to­ri­us­kop ge­kamp. By die in­gangs­hek na die S­ku­ku­za-kamp was daar ’n bak­steen­ge­bou­tjie met twee ver­trek­ke. Die een was die kan­toor waar jy in­ge­boek het, en by die ander een het jy jou klap­per­haar­ma­tras­se ge­kry.

Die kamp het ron­de ten­te ge­had wat klaar op­ge­slaan was. Daar was staal­ka­tels en o­lie­lam­pe bin­ne-in – geen ys­kas of koel­bok­se nie!

Saans is een groot hout­vuur ge­maak en die ko­le is uit­ge­skep op staal- as­blik­dek­sels vir elk­een wat wou braai; daar was geen drie­po­te om die roos­ters op te rus nie – net ste­ne.

Soms het ’n mens snags ’n hi­ë­na op soek na vleis in die kamp ge­kry. Die man­ne het die vleis in sak­ke aan ’n tou oor ’n boom­tak op­ge­hys so­dat die nag­die­re nie daar­by kon uit­kom nie.

La­ter het die grond­pad tus­sen S­ku­ku­za en On­der-Sa­bie sul­ke kort s­tuk­kies teer ge­had om te toets wat­ter uit­wer­king die teer­pad op die die­re het. ’n Par­ke­raad­wer­ker het by die laag­wa­ter­brug ge­sit waar die pad na die noor­de oor die Sa­bie­ri­ver ge­gaan het. Hy het die mo­tors wat oor die brug ry, ge­tel deur vir el­ke mo­tor ’n klip in ’n groot blik te gooi.

Leeus en o­li­fan­te was vol­op op die pad tus­sen S­ku­ku­za en On­derSa­bie en ons het ge­jil van ple­sier as die bob­be­ja­ne op die mo­tors spring en som­mer vir ’n paar myl saamry.

Baie mo­tors het ’n wa­ter­sak ge­had wat oor die sy­spie­ël of aan ‘n haak aan die chroom­voor­buf­fer ge­hang het. Dit was drink­wa­ter – die wind het in die ry oor die sak ge­waai en die water af­ge­koel.

Wild­tuin­be­soe­ke was werk­lik ’n a­von­tuur... die goeie ou dae!

Koos en sy vrou, I­re­ne, is af­ge­tree en toer se­dert A­pril 2016 deur die land met hul­le woon­wa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.