Weg!

ELMAR VENTER

-

Canon EOS-1D X Canon 500 mm-lens met 1.4x-omsetter

ELMAR VERTEL: Ek het hierdie groenrugre­ier in die Loskopdamn­atuurreser­vaat in Mpumalanga afgeneem. Die reier was besig om sy vere skoon te maak. Die unieke postuur van die reier tesame met die sagte oggendlig het die kleure van die vere mooi laat vertoon.

TOAST SÊ: Oggendlig beteken vir ’n natuurfoto­graaf wat ’n vroeë drie vir jou gunsteling­rugbyspan beteken. Met sagte lig aan jou kant, is jy reeds op die voorvoet.

Let veral op die afwesighei­d van skerp kontras tussen die ligte en donker dele van Elmar se foto. As hy die foto in die middel van die dag geneem het, sou daar donker skaduwees iewers gewees het. Maar nou is die lig meer eweredig, wat help dat die fynste detail in die vere perfek uitstaan, en dat hy nie gesukkel het met die wit (of ligter) dele van die voël nie. Dis moeilik om jou beligting reg te kry wanneer die son “harder” is later in die dag – veral met iets soos ’n visarend waarvan byna die helfte wit is. Die wit kan te helder lyk op jou foto, veral as jy nie jou beligting reg meet nie.

Elmar se foto is sterk omdat die reier uit ’n ongewone hoek afgeneem is. Boonop is hy besig om iets te doen – altyd meer interessan­t as wanneer ’n voël net daar sit en swyg. Kyk na die lyne in die foto, almal gevorm deur die reier: Die pote wat teen ’n hoek na bo lei, dan die onderlyf waarvan die vere soos pyltjies in ’n rigting wys, dan die nek wat soos ’n slap koeksister krul en dan die kop wat ánderkant toe krap met die snawel.

Die geel in die pote, snawel en oog laat die reier verder uitstaan – soos ’n kar met kaatsstrok­e. Baie netjies gedoen, Elmar! >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa