KOM KAMP OP SUTHERLAND
Sutherland is een van die beste plekke in die wêreld om sterre te kyk... Nou kan jy saam met Weg in ’n luukse tentekamp onder die hemelruim vir die naweek kom uitspan.
Kom bly in ’n luukse tent waar ons vir alles sorg, smul aan watertand ontbyte en aandetes, leer saans meer oor die sterre en planete by Sterland, toer saam met
Weg deur SALT en verken die omgewing bedags op staptoere of uit jou fietssaal in dié besonderse deel van die land.
WANNEER?
12 & 13 Julie 13 & 14 Julie 14 & 15 Julie 15 & 16 Julie
HOEVEEL KOS DIT?
R1 585 p.p.p.n. (vir ’n minimum van twee aande; halfprys vir kinders jonger as 12; 30% bykomend vir enkelbesprekings) Maksimum van 16 per nag (meer as kinders met ouers deel)
WAT SLUIT DIT ALLES IN?
• Blyplek in glanskampe, met elektriese komberse, duvets, handdoeke, ensovoorts. • Aandete en ontbyt in safari-tente • ’n Aandtoer na die Sterland
Stargazing Experience • ’n Toer van SALT (Die SuiderAfrikaanse Groot Teleskoop)
WAT MOET EK SAAMBRING?
• Warm klere en stapskoene vir veldstaproetes. Peuselhappies en drankies. • Fietse – hier is enkelspoor
paadjies in die omgewing.
OPSIONELE UITSTAPPIES
• Geskiedkundige uitstappie op die dorp • Daaglikse begeleide toer na SALT • Veldstaproete • Sterrekyk by Sterland