Weg!

FOTOPORTEF­EULJE

-

Die fotograaf Scott Ramsay se foto’s wys iets van die Datoga-stam se tradisione­le leefstyl in Tanzanië

Die Datoga-stam is veeboere wat in die Manyara-streek naby Arusha in Tanzanië woon. Hulle het sowat 3 000 jaar gelede suid getrek uit Suid-Soedan en Ethiopië. Daar is minstens sewe Datoga-stamme en die taal het verskeie dialekte.

Die bewaringsf­otograaf Scott Ramsay het in Oktober verlede jaar na Tanzanië gereis om foto’s te neem van wildernisk­ampe in die nabygeleë Maswaen Mwiba-wildreserv­aat. Dié foto’s is egter geneem by ’n Datoga-dorpie naby die Eyasimeer, suidoos van die Ngorongoro­krater. Scott se mees onlangse portefeulj­e was in Weg #145, toe hy van die foto’s uit sy boek South

Africa’s Wildest Places gewys het. Dié keer gee hy ons ’n blik op die stamlewe in Oos-Afrika.

“Ek kon aanvoel dat die mense aanvanklik skepties was oor my teenwoordi­gheid,” sê hy. “Die mans en vroue het saggies gedans en gesing. Maar toe het ’n donderslag deur die lug geskeur en die reën het begin val. Die dreunsang en dansery het intenser geword. Dit was asof die vallende water en weerligstr­ale die mense nuwe energie gegee het.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa