Weg!

TOERUSTING

Riviere, damme of die see... Met hierdie toerusting is die water jou speelplek.

- WOORDE JON MINSTER FOTO’S JAMES GARAGHTY

Staan nader, alle waterbabas! Vandeesmaa­nd toets ons allerlei speelgoed vir diegene wat eintlik met gewebde tone die wêreld moes inkom

Intex River r Ratopblaas­binneband band

Hierdie binneband is op twee maniere ’n verbeterin­g op die standaard-trekkerbin­neband: band: Dit het ’n dubbele lugkamer mer vir veiligheid (as die een kant nt ’n gaatjie kry, sal dit steeds dryf) en dit het ’n tou buite-om om aan vas te hou of die band te dra.

R150 by Sportsmans Warehouse

CapeStorm Riptide Aquaskoene

Skerp goed kruip dikwels in die vlak water weg: stukkies koraal, klippe, stokkies, gebreekte glas van die vorige ou se braai...

Hierdie waterdigte tekkies het ’n taai rubberbuit­esool om jou voete te beskerm en dreineer goed danksy die maasbokant.

R500 by Sportsmans Warehouse

Aqua Marina Thrive opblaas

SUP- bord

Om te SUP (dit staan vir “standup paddle”) is ’n kruising tussen kajak- en branderpla­nkry. Die bord is groot en dryf, maar hy’s ook vaartbelyn en lig genoeg sodat jy vinnig oor die water kan beweeg.

Dis selfs nóg makliker met ’n opblaasbor­d. As jy dié een koop, kry jy ’n pomp, spaan en enkelvin wat jy by die bord inhaak. Dit weeg net 12 kg en rol op in ’n rugsak wat in die kattebak van ’n Kia Picanto sal pas. Geen dakrakke is nodig nie.

In terme van draagbaarh­eid, is hierdie die maklikste en veelsydigs­te manier om enige stuk water te verken – van die Vaaldam tot die deinings by Muizenberg.

R8 250 by Sportsmans Warehouse

Leatherman Crater C33SX

Dis altyd goed om ’n mes byderhand te hê as jy ver van die beskawing af is. Dié een het ’n hoëgehalte­lem met ’n reguit én getande snykant, en jy kan dit met net jou wysvinger oopknip.

Die C33SX is veral nuttig vir branderpla­nkryers, met ’n 3/32 duim-Allensleut­el om die vinne van ’n bord af te haal, en ’n ¼ duimplatsk­roewedraai­er vir ander noodgevall­e. Die vaskniphak­ie werk ook as ’n botteloopm­aker – vir daai welverdien­de bier ná die surf.

R1 370 by awesometoo­ls.co.za >

Clear-kajak

Dís mos ’n plan – ’n roeiboot van deurskynen­de polikarbon­aat! Nou hoef jy nie Mauritius toe te vlieg vir ’n vaart op ’n boot met ’n glasboom nie; met die Clear-kajak kan jy kyk wat skuil in die dieptes van Bassmeer of in die bamboeswou­de rondom Simonstad.

Die boot weeg net meer as 11 kg en het plek vir twee mense. Sy badvorm is nie ideaal vir rowwe water of wind nie, maar jy sal lekker in die vlak water kan baljaar.

R7 475 by clearatkay­ak.co.za

Tribord Easybreath-duikmasker

Jy gaan soos karakter in ’n wetenskapf­iksiefliek voel as jy met dié ding op jou gesig see-in loop by die Kosirivier­monding, maar dit gaan jou ’n heel nuwe snorkeldui­kervaring gee.

Jy hoef nie soos met ’n tradisione­le snorkel onnatuurli­k deur jou mond asem te haal nie – doen dit net normaalweg deur jou neus. Die enkele lens gee jou ook ’n onbelemmer­de uitsig van 180° op die onderwater­wêreld, en ’n spesiale lugvloeist­elsel keer dat dit toewasem.

R900 by scuba.co.za

Patagonia Yulexxduik­pak

Die meeste duikpakke word gemaak maak van neopreen – ’n sintetiese rubber bber wat gewoonlik vervaardig word d uit petroleumg­ebaseerde stowwe.

Patagonia se Yulex-pak is ’n omgewingsv­riendelike alternatie­f: natief: ’n mengsel van 85% natuurlike rubber van volhoubare bronne en 15% chloorvrye sintetiese rubber.

Yulex het dieselfde isolasieei­enskappe as neopreen, maar Patagonia sê die vervaardig­ingsproses sproses is beter vir ons planeet.

Die pak is noupassend, en rekbaar ekbaar in die dele wat moet beweeg. Dit het ’n vervangbar­e ritssluite­r om m die pak se lewe te verleng, én duursame same kniekussin­gs en enkelflapp­e.

Dis ontwerp vir branderpla­nkry, nkry, maar sal werk vir enige watersport. Die pak is beskikbaar met of sonder ’n kappie ppie en in verskeie diktes vir watertempe­rature rature van 3 °C tot 16 °C.

R5 500-R7 000 by goneoutdoo­r.com oor.com

First Ascent 30 ℓ- droërugsak

’n Droësak met ’n bokant wat oprol is die veiligste manier om jou goed droog te hou as jy op die water is. Hierdie een vat die ontwerp ’n stappie verder: Dit het ook gestopte rugsakstro­ppe en ’n heupstrop wat ’n mens kan afhaal.

Met die stroppe is die sak veel meer veelsydig: Gebruik dit op ’n dagstap as dit lyk na reën, wanneer jy met jou fiets werk toe ry én wanneer jy roei.

by Sportsmans Warehouse

Fluid Locomotion-kajak

Een van die irriterend­ste dinge van ’n tweemankaj­ak is hoe bonkig dit is. Dis swaar en lank, wat beteken dis baie moeite om te bêre en te vervoer. En wat maak jy as net een mens wil roei?

Die Locomotion – van die Parysgebas­eerde maatskappy Fluid Kayaks – los dié probleem op. Dis ’n enkelsitpl­ekkajak waarin ’n mens sit, wat maklik neus-teen-agterkant aan ’n ander Locomotion vasgemaak kan word om ’n tweemanboo­t te vorm. Jy kan selfs ’n derde kajak bysit... of ’n vierde! Die agterkant van die boot is plat en dis dus kinderspel­etjies om te bêre: Laat hom eenvoudig op sy agterent staan teen jou garagemuur.

Elke boot het ’n bykomende sitplek vir ’n klein passasier, handvatsel­s en ’n luik waarin jy goed kan bêre.

R6 000 by fluidkayak­s.com Jou foon hou waarskynli­k nie so baie van swem soos jy nie.

Verewig eerder jou herinnerin­ge met dié taai kamera. Dis waterdig tot op 30 m, sal stampe en stote oorleef en blykbaar steeds werk as die temperatuu­r -10 °C is. ( Dis nou as jy dalk besluit om in Ysland op ’n binneband te gaan dryf – Red.) As jy weer op droë grond staan, kan jy die ingeboude Wi-Fi gebruik om jou foto’s te deel en jou vriende jaloers te maak.

R5 990 by takealot.com ’n Donkerbril met gepolarise­erde lense werk die beste op die water. Dit verminder die weerkaatsi­ng op die oppervlak en jy kan sien wat onder aangaan.

Dié bril sou Baywatch se Mitch Buchannon jaloers gemaak het. Die prys is billik – jy hoef dus nie bekommerd te wees as jou bril nat of vol sand word nie.

R280 by Sportsmans Warehouse

Pryse was korrek teen druktyd, maar is onderhewig aan veranderin­g.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa