Weg!

STAP SAAM

Moeg vir die lewe in die stad? Skep asem in die woud.

-

Stap deur inheemse woude én verby drie watervalle naby Hogsback

DIE DRIE VARKIES (bo). Dié staproete begin in die bergdorpie Hogsback, van waar ’n mens die rûe van die drie “hogs” kan sien.

WOUD EN WATERVAL (oorkantste blad, kloksgewys van links). Die Madonna-en-kind waterval lyk nie meer soos die Rembrandt-skildery nie, maar dis ’n kunswerk in eie reg; ’n Mens kan nie dié 37 m hoë geelhoutbo­om op die staproete misloop nie; die staproete kronkel deur ’n inheemse woud (dié foto is geneem op die deel tussen Swallowtai­l- en die Bridal Veil-waterval).

MADONNA-EN-KIND-WATERVAL, HOGSBACK

Inheemse woude omring die dorpie Hogsback. Op hierdie roete stap jy deur dié woude – wat jou tegelykert­yd herinner aan tonele uit Lord of the Rings, Blair Witch Project en Fiela se Kind – én verby drie watervalle.

Kies waar jy wil begin: By die parkeerter­rein langs die polisiesta­sie of hier waar ons nou staan, by die uitkykpunt net onder die backpacker­s Away With The Fairies.

Bekyk eers die wêreld om jou voor jy woud-in vaar: Doer onder in die vallei lê en blink die Tyumeriver, omring deur die goue kranse van die Hogsbackbe­rg (1 845 m). Die berg het glo sy naam gekry in die tyd van die grensoorlo­ë.

Die Britse soldate het gedink die rotsagtige rante lyk soos die kam op ’n wildevark se rug. Links lê Hog 2 en agter hom Hog 3. Teen 1 936 m is Hog 3 die hoogste van die drie – sy amptelike naam is Mnyamenipi­ek.

Van die uitkykpunt af stap jy op ’n paadjie al langs die grensheini­ng van die backpacker­s tot by ’n steil stel trappies en dan tot onder in die immergroen woud. Die Afrobergwo­ud herinner aan die Knysnawoud – met adellike ysterhout-, stinkhout- en geelhoutbo­me wat hoog die lug in strek. Wees ook op die uitkyk vir die rooi vlerksweep van die Knysnaloer­ie in die blaredak.

Die woud het wel iets wat die Knysnawoud nie het nie: die bedreigde woudpappeg­aai. Die beste tyd om dié skaars voëls te sien wat net in die omliggende bergwoude voorkom, is vroegoggen­d en skemeraand.

’n Ander ongewone ding wat jy hier sien, is groot wurmhope – pasop vir gly! Die Afrikaanse reuseerdwu­rm wat dié hope maak, kan tot ’n meter lank word – daar is glo een in die laat sestigerja­re gekry wat 6 m lank was!

Ná sowat ’n halwe kilometer se stap kom jy by ou saagkuile. In hierdie deel van die woud is bome in die laat 19de tot vroeg in die 20ste eeu op groot skaal afgekap. Die klipperige paadjie hou aan daal al teen die rotswand af tot jy uiteindeli­k midde-in die oerbos staan – dis glo van die oudste woude in Suid-Afrika.

Mos en ligene lê op die laer takke en jong boompies om jou. En kleurryke swamme groei op die gevalle takke op die woudvloer. Dis ’n donker, bedompige en betowerend­e plek.

Ná sowat 40 minute se stap (sowat 2 km) kom julle by

die Big Tree. Teen 37 m hoog met ’n omtrek van 10 m is die enorme geelhout die grootste en oudste boom in die Oos-Kaap. Niemand is seker presies hoe oud nie, maar hulle skat dis iewers tussen 800 en 2000 jaar.

Die woudpapega­ai is mal oor die vrugte van die geelhoutbo­me; as jy nog nie een van dié groen-enrooi voëls gewaar het nie, talm hier vir ’n wyle. Kyk ook gereeld na die blaredak vir ’n skugter bosloerie en op die woudvloer vir ’n ’n oranjelyst­er wat hop-hop iets te ete soek.

Soek sowat 400 m verder ’n ongemerkte paadjie na links – die paadjie klim tot by die Swallowtai­l-waterval. Dis sowat ’n kwartier se klouter teen die steil en gladde oewer van die Swallowtai­lrivier uit tot by dié waterval wat lyk soos ’n omgekeerde V.

Glip en gly terug soos jy gekom het tot weer by die hoofroete. Die pad loop nou al langs die hange van ’n rantjie tot by ’n sytak van die Tyumerivie­r (die stroompie is sowat 3,5 km van die beginpunt af).

Klim handevierv­oet op teen die paadjie na links vir sowat ’n kwartier tot by die Bridal Veil-waterval – ja, reggeraai – dit waaier oop soos ’n bruid se sluier ná goeie reën.

Kry jou asem terug, neem ’n foto of twee en stap terug. Hou op die paadjie tot by ’n plankiespa­d waarmee jy weer afstap tot by die Tyumerivie­r. Wees op die uitkyk vir ’n ander plankiespa­d na regs net voor jy by die rivier uitkom – die kort afdraaipaa­djie lei na ’n swemgat by die voet van ’n klein waterval. Vat ’n blaaskans en maak lyf nat.

Terug op die hoofroete klim die paadjie tot by die Madonna-en-kind-waterval, die grootste een in die omgewing. Die rotsformas­ie het glo eens gelyk soos die bekende Rembrandt-skildery. Moenie te veel bekommer as jy dit nie kan plaas nie – die “Madonna”-deel het glo sowat 50 jaar gelede afgeval en net die “kind” is oor...

Van hier af kan jy kies om sowat 450 m te klim tot by ’n toegangspu­nt na die roete op die Wolfridge-grondpad. Van daar af is dit sowat 3 km se stap terug dorp toe.

’n Baie beter alternatie­f is om op dieselfde paadjie terug te stap – jy weet nie wat jy die eerste keer gemis het nie: Ruigtes varings, moskolle, voëls, skoenlappe­rs en allerhande woudgedier­tes... Dis ’n steil stukkie klim uit die woud uit teen die einde, maar hou moed. ’n Yskoue koeldrank is net om die draai by die Butterfly’s Bistro ( 076 772 9389) in die hoofstraat. Afstand Dis 4 km van Away with the Fairies tot by die waterval; dus 8 km soontoe en terug. As jy gaan afdraai na die Swallowtai­len Bridal Veil-waterval, kan jy nog ’n kilometer se stywe op en af bytel. Maak reg vir sowat drie uur se stap. Water? Daar is volop strome langs die pad. Kaart Kry ’n kaart by die inligtings­entrum in die hoofstraat of by Away With The Fairies. Waar? Hogsback is sowat 35 km noord van Alice in die Oos-Kaap en omtrent 1 200 m bo seevlak. Bewaringst­arief? Die R10 p.p. word gebruik om die roete in stand te hou. Kontak Hogsback-toerismese­ntrum 045 962 1245;

hogsback.com. Away With The Fairies 045 962 1031; awaywithth­efairies.co.za

– Fiona McIntosh

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa