Weg!

Wen ’n Stevenson-Hamiltonho­ed ter waarde van R550 met jou foto

@pietkarien Canon SX620

-

KARIEN SKRYF: Nadat die suidoostew­ind ’n paar dae gewaai het, het ek gaan stap op ons mooi strand hier by Struisbaai. Soos gewoonlik ná ’n paar dae se wind spoel daar baie bloublasie­s uit. ’n Mens probeer hulle gewoonlik eerder vermy, maar ek het plat op my maag gaan lê om dit van nader te beskou.

Tot my verbasing het die bloublasie ’n skoonheid aan hom!

TOAST SÊ: Met klein goedjies wat op die grond langs woel, is ’n veranderin­g van perspektie­f noodsaakli­k.

Probeer op “ooghoogte” (het ’n bloublasie dalk blou oë?) kom met die voorwerp wat jy wil afneem. Gaan lê plat op jou maag. (As jou knieë effe knars, laat iemand byderhand staan om jou weer op te hys, anders dra die gety jou dalk weg...)

Die weerkaatsi­ng op die waterdeurd­renkte sand sorg vir die perfekte agtergrond, en omdat die fokusdiept­e baie vlak is (met ander woorde: net die bloublasie is in skerp fokus), staan die voorwerp goed uit.

’n Verdere detail wat eers later jou oog tref, is die weerkaatsi­ng van die “kam” van die bloublasie in die nattigheid hier voor. Inderdaad ’n sonderling­e skoonheid.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa