Weg!

Van Hwange tot di die h harteenhei­dh id

-

Ek en my vrou, Annamie, het in die Junie-vakansie in die Hwange- nasionale park in Zimbabwe gekamp. Ons het onder meer in die Sinamatell­akamp gebly by ’n staning wat oor kilometers se mopanievel­d uitkyk. Die volgende middag ry ons die Sinamatell­a-sirkelpad. In ’n stadium klim ek uit die voertuig om iets agterin te soek, en kry toe ’n verskrikli­ke borspyn. Toe ek terugklim, is die pyn weg. Terug by die kampplek stoot die pyn op in my keel, maar bedaar ná ’n ruk. Dit gebeur weer tussen 11 nm. en 4 vm. Toe ons sesuur die oggend beskuit eet, kom dit weer. Ons ry na die kliniek by Sinamatell­a, maar die suster is nêrens te sien nie. Ons besluit om kamp af te slaan en Bulawayo toe te ry. Op die dorpie Hwange gaan spreek ons ’n dokter by die Hwange Colliery Hospital. Ons betaal die $4-tarief en dr. Edwin Mbereko neem my bloeddruk: 240/122! Hy sê hy is verplig om my vir die nag op te neem.

Hulle plaas my in die intensiewe­sorgeenhei­d, gee suurstof en neem bloedmonst­ers: my hartensiem­e is vier keer hoër as normaal. Dit dui op ’n hartaanval. Hulle spuit morfien en koppel my aan monitors.

Gelukkig het ons ’n Zimbabwe-telefoonka­art en bel ons huisdokter op Musina, dr. Barbara Cawood. Sy praat met dr. Mbereko en sê ons moet kalm bly, sy sal sorg vir die res. Enkele minute later bel die Gems-siekefonds uit Pretoria en verseker ons hulle sal na alles omsien. ’n Mediese vliegtuig staan gereed in Harare en sal vroegoggen­d op Hwange wees.

Soos belowe, wag die vliegtuig met ’n dokter en ’n assistent die volgende oggend by die Hwange-vliegveld.

Ons land ’n halfuur later in Bulawayo vir immigrasie-en-doeanedoel­eindes. ’n Uur en ’n half later land ons by Lanseria waar ’n ambulans my na die Unitas-hospitaal neem. Nege dae en ses hartkatete­rs later herstel ek by die kinders op Potchefstr­oom! Baie dankie aan drs. Cobus Badenhorst (Unitas), Cawood en Mbereko.

ARCHIE EN ANNAMIE STANDER, Musina

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa