Weg!

Volop soos bleeksingv­alke

-

Ek en my ma het onlangs begin voëls kyk en het in die Julievakan­sie in die Kgalagadi-oorgrenspa­rk ons nuwe stokperdji­e met mening aangepak. My pa en suster het hulle bes probeer om geduldig te wees, al stel hulle nie eintlik belang nie.

Op die eerste dag het ons baie bleeksingv­alke opgemerk op die pad tussen die Twee-Rivieren- en Nossob-ruskamp.

Ons het later besluit om te tel hoeveel ons sien van waar ons in daardie stadium was totdat ons die aand die park sou verlaat by die Twee-Rivierenhe­k. My suster wou later nie meer die woord “bleeksing” hoor nie. Net ’n entjie voor ons die aand die park verlaat, het ons die 64ste bleeksingv­alk getel. Hierdie een was egter besonders aangesien hy ’n waaierster­teekhoring gevang het.

ANDRI OOSTHUIZEN, Augrabies

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa