Weg!

Tierboskat vir ontbyt?

-

Ons was in Junie vanjaar in die Krugerwild­tuin. Een van die hoogtepunt­e was ’n oggendrit van die Maroela-kamp af. ’n Breëkopare­nd het reg bo ons in ’n boom gesit met ’n tierboskat­kleintjie wat sy net voor ons aankoms moet gevang het.

Sy het dadelik aan die prooi se kop begin vreet. Dit het gelyk asof sy eers die harings vreet, want die kopbeen het behoorlik gekraak.

Later het sy die lyf ook begin vreet nadat sy die hare uitgepluk het. Ons het die toneel ná 40 minute baie traag verlaat.

ANDRE FOURIE, Swakopmund

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa