Weg!

Hwange se Robin’s Camp kry nuwe baadjieie

-

Ons was in Mei 2018 in die Hwange- nasionale park in die noordweste van Zimbabwe en het Robin’s Camp aangedoen. By dié kamp is ’n paar mense besig om dinge te laat herleef!

Mike Sherren en sy vrou, Francie, en Gavin en Mina Woest is die nuwe vennote wat die kamp opknap.

Ons het gebly in die eerste chalet (volledig toegerus) wat voltooi is. Die perseel is in drie dele verdeel: Die nuwe chalets en ou chalets wat almal opgeknap word. Die ou rondawels word oorgedoen met ’n eie badkamer. Elke staanplek in die kampterrei­n het sy eie braaigerie­we en drie nuwe ablusieblo­kke word gebou.

Die nuwe restaurant kyk uit op die swembad én ’n watergat. Die ou kroeg gaan ook weer herleef tot sy volle glorie!

Hier is ook ’n paar mooi piekniek- en uitkykkoll­e by watergate in die omgewing. Hulle beplan ook nuwe boskampe met permanente tente.

Die kamp het amptelik in Julie 2018 ( robinscamp.com) oopgemaak. Ons glo dat Robin’s Camp weer mense na Zimbabwe gaan lok.

DAAN EN MARIE SCHOEMAN, Polokwane >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa